Resepte Groep D

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers 
van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.

[deur Emily Kruger saamgestel]

Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang, 
stuur net jou E-pos adres aan
 D@nie.co.za.

Gaan na Resepte Index

INHOUDSOPGAWE
Kliek eenkeer op die naam van die resep en die resep sal verskyn:

3 Dag Dieet  |  Aarbei en Neut Frummelpoeding  |  Aarbei Spons  |  Aartappel Verrassing  |  Aartappels in die Mikrogolf  |  Aartappelsop  |  Abrie se 9 Maande Koek  |  Afrika-Hoenderresep (Gebakte Gestopte Hoender)  |  Alkohol-Vrye Sangria  |  Aspersie Tert  |  Baby Marrow Gebak  |  Bakplaat-Blokkies  |  Basiese Broodresep  |  Beesstert Broodjie  |  Beet-en-Uie Marmelade  |  Bhel Poori (Aartappels)  |  Bief-Sosaties  |  Bier Brood  |  Biltong  |  Biltong Mousse  |  Biltong Potjie  |  Biltongsop  |  Blikkiesvrugte Poeding  |  Blomkool Piekels  |  Bobotie I  |  Bobotie II  |  Braaibroodjies  |  Braaisous vir Lamsribbetjie  |  Braaivleis Brood  |  Brandrissie Blatjang  |  Broccoli Sop  |  Broodslaai  |  Bros Uieringe uit die Oond  |  Bruinpoeding  |  Butternut en Patatgebak  |  Butternut Slaai  |  Butternut Sop I  |  Butternut Sop II  |  Calamari en Mosselsslaai  |  Chicken A La King Kors  |  Chips-Kaaskoekies  |  Dadelkluitjies  |  Die Alleen-Ontbyt  |  Dik Groentesop  |  Droëwors Sonder Derms  |  Egte Duitse "Curry Wurst"  |  Ertjieslaai  |  Fillet  |  Franse Slaaisous Skaapboud  |  Frikkadelle  |  Marokkaanse Speserye  |  Gebakte Sjokolade Poeding  |  Gebakte Soetpatats  |  Gebakte Vla (Créme Brulé)  |  Gebakte Vla met Heuningstroop  |  Gebraaide Hamkoekies  |  Gedroogte Perske Slaai  |  Gefrituurde Visjes met Knoflooksaus  |  Geroosterde Botterskorsie-en-Feta Risotto  |  Geroosterde Vark met Gebakte Appel  |  Gestolde Piesangpoeding  |  Gestoofde Hoender met Pasta  |  Griekse Ratatoulle  |  Groenbone met Wortels en Sampioene  |  Groentegereg  |  Heavenly Delight  |  Hoender en Broccoli-Pastei  |  Hoender Gereg  |  Hoender Lewer Peri-Peri  |  Hoender met Inbors  |  Hoender met Perskes en Heuning  |  Hoender Pastei  |  Hoender Stroganoff  |  Hoenderslaai met Mango en Gemmer Mayonnaise  |  Ingemaakte Beet  |  Italiaanse Kaaskoek  |  Japtrap Boeliebief-Gereg  |  Jogurttert  |  Kaas Wiele  |  Kaasbrood  |  Kaas-en-Pasta Slaai met Kerriesous  |  Kaasgevulde Rolletjies met Heuning  |  Kaaskoek  |  Kaaskoek Tipe Tert  |  Kaaskrakelinge  |  Kaasskons  |  Kaasskons in die Snackwicher  |  Karamel 'Popcorn'  |  Karringmelk Skons  |  Kastrolpoeding  |  Kerrie Beskuitjies  |  Kerrie Frikkadelle  |  Kerrie Noedel Slaai  |  Kerrie Biefstuk  |  Kerrie Boneslaai  |  Klam Sjokoladekoek met Sjokolade-Suurroom Versiersel  |  Klapper-Broodpoeding  |  Knoffelbrood met Room  |  Koffie-Poffertjies  |  Kookpoeding  |  Kraaklekker Tunaslaai  |  Lagie Poeding  |  Lensie-en-Rysslaai  |  Maalvleispotjie uit die Boonste Rakke  |  Maalvleisrol  |  Macaroni  |  Macaroni Slaai met Biersous  |  Maklike Hoender Pastei  |  Malvapoeding  |  Marokkaanse Hoender  |  Marshmallow Slaai  |  Mayonnaise  |  Melktert I  |  Melktert II  |  Melktert Fantasties  |  Melktert Fudge  |  Mieliepap (Boere Mieliepap) in die Mikrogolfoond  |  Mieliepap-muffins  |  Mikrogolf Eier-Suursous vir Geregte  |  Mikrogolf 'Popcorn' Karamelstroop  |  Mikrogolf Poeding (Bruin Poeding)  |  Mostertvorm  |  Mrs Ball's Blatjang  |  Murgpampoentjies  |  Oumatjie onder die Kombers  |  Pampoenkoekies  |  Pampoentert  |  Pannekoek  |  Panskon  |  Patatrolle  |  Pepperment Tert  |  Piccalilli  |  Piesang-Wortelbrood  |  Prawns  |  Pynappel Hoender  |  Pynappel/Suurlemoen Tert  |  Pynappeltert  |  Repelsteeltjies met Geroomde Heuning  |  Risotto  |  Romerige Slakke op Vuur  |  Rykste Sjokolade Koek  |  Rys in die Mikrogolfoond  |  Rysslaai  |  Saadjies Koekies  |  Sago Appelkoospoeding  |  Salsa  |  Sampioen-Lasagne  |  Sardyne met geelrys  |  Sjokolade Broodpoeding I  |  Sjokolade Broodpoeding II  |  Sjokolade Karringmelk Koek  |  Sjokolade Mousse  |  Sjokolade Panna Cotta  |  Sjokolade-Rumkoek  |  Skorsie Pastei  |  Slakke-en-Room Gereg  |  Slow Cooker Skaapboud  |  Smeerkaas  |  Smulstafies  |  Soet Vulsel met Sjokoladesmeer en Okkerneute *  |  Sout Vulsel met Ham, Cheddarkaas en Songedroogde Tamaties *  |  Soetpatats  |  Soet-Suur Hoender Lewertjies  |  Somerpasta  |  Sop  |  Sosatie-Hoender  |  Souskluitjies I  |  Souttert van Derick  |  Spaanse Hoender  |  Spaghetti Doodeet  |  Speserymengsel vir Hoender  |  Spinasie Tert  |  Spinasietertjies  |  Sultansgenot (Ook genoem Turkse Tert)  |  Suurdeeg-Vetkoek  |  Swellendamkoek  |  Tamatie Tert  |  Tjops met Heuning en Blatjang  |  Tunagereg met Ertjies  |  Tuna-Noedelslaai  |  Turkse Aartappel-en-Spinasie Rolletjies  |  Uie-Ringe  |  Uieringe in Bierkors  |  Vetkoekies  |  Viëtnamese Hoendersop met Noedels  |  Vinnige Appeltert  |  Vinnige Suurlemoen Tert  |  Viskoekies  |  Vriendskapskoek  |  Wafels  |  Warm Aartappel Baksel  |  Warm Aartappelslaai  |  Warm Knoffelsop  |  Worcestershire Sous  |  Worsresep  |  Wortel Gereg

 

3 Dag Dieet            

Michelle het dit in my e-posbus gegooi:

 

So ‘n week of drie gelede het ek ‘n skrywe geplaas van Hanna. Dit het gegaan oor dieëte. Vandag plaas ek egter die 3 dag dieet, want soveel ouens het daarvoor gevra.

Hierdie dieet is niks nuuts nie, net so 'n bietjie "vergete".  Dis natuurlik geen langtermyn oplossing nie, maar wel 'n dieet wat deur die hartstigting al jare aan pasiënte verskaf word, wat dringend gewig moet verloor vir gesondheidsdoeleindes. (Vir 'n operasie of so).  Dit is 'n goeie, maar "taai" opsie vir mense wat gewig wil verloor, doelwit bereik en dan 'n gesonder opsie as leefwyse wil begin, soos Weigh-Less byvoorbeeld. Meeste mense met baie kilo's, verloor te gou moed hier na 'n verlies van  15+kg en tuimel dan terug na hul beginpunt.  Hierdie dieet, soos ek verstaan, gee jou net 'n vinnige hupstoot met drastiese gewigsverlies en van daar moet jy jou eetgewoontes aanpas deur hetsy watter gebalanseerde leefwyse(eetgewoontes) jy ookal verkies.

 

Jy volg die dieet van Maandag-Woensdag vir 'n periode van 2 maande en die klaarblyklike verlies is omtrent 18.2kg. party mense doen dit net eenkeer per maand om seker te maak hul bly op hul doelgewig.

 

Dis min of meer my opinie en gedagtes (en ek kan dalk verkeerd wees) maar ek is besig om die dieet te beproef en is tot dusver aangenaam verras.

 

1  Ontbyt:

1 Pomelo                                                      2 Teelepels grondboontjiebotter

1 Sny roosterbrood                                       Tee of koffie

 

Middagete:

1 koppie tuna of 3 sardiens.                         (Suurlemoen kan oor tuna gedrup word)

1 Sny roosterbrood                                       Tee of koffie

    

Aandete:

3 Skywe van enige soort vleis (100g)           1 Koppie beet

1 Koppie groenbone                                      Halwe koppie roomys

 

2  Ontbyt:

1 Eier                                                           1 Sny roosterbrood

Halwe piesang                                              Tee of koffie

    

Middagete:

Halwe koppie maaskaas                                5 Provitas

Koffie of tee

    

Aandete:

2 Frankfurters                                              1 Koppie broccoli

Halwe koppie wortels                                    Halwe koppie roomys

 

3  Ontbyt:

5 Provitas                                                     1 Skyf cheddarkaas

1 klein appel                                                 Tee of koffie

    

Middagete:

1 Hardgekookte eier                                     1 Sny roosterbrood

Koffie of tee

    

Aandete:

Halwe koppie tuna                                        Halwe koppie beet

1 Koppie blomkool                                         Halwe spanspek/papaja

 

·          Drink 5 groot glase water deur die dag. Een voor elke ete, een laatmiddag en een voor slaaptyd. Jy kan meer water drink.

·          Moet geen voedsel uitlaat of vervang en moet ook nie volgorde van maaltye verander nie. Die dieet is gebaseer op 'n chemiese afbreekproses.

·          Dieet is slegs 3 dae. Wag vir 10 dae en volg weer 3 dae. As u meer drasties wil dieet, volg bogenoemde dan weekliks van Maandae tot Woensdae.

·          Geen koffie, tee of ander drank, behalwe soos voorgeskryf. Geen suiker of melk. Slegs dieetkoeldrank, 2-3 glase per dag.

 

Dan het Michelle nog die volgende ook ingesluit in die e-pos:

Ek het 'n samestelling gemaak van die mees algemeenste vrae wat ek ontvang het.

 

Watter Boointjies? Boksies, Gekook, Rou...    Enige.

 

Watter Beet? Ingelegde, Boksies...                Enige alhoewel sommige weergawes wat ek ontvang het sê: geen suiker in beet, is daar weergawes wat nie 'n probleem daarmee het nie.  So elkeen moet maar kyk wat werk vir hom die beste.

 

Moet ek koffie of tee drink?                          Party weergawes sê ja en die ander sê nee. So weereens, self besluit.

 

Mag ek 'n eetlus demper gebruik?                 Nêrens dui enige weergawe iets daarvan aan nie, ek gebruik dit en het nog steeds resultate.

 

Mag ek versoeter gebruik?                            Party sê ja en party nee.  Elkeen moet maar self kyk wat die invloed (indien enige) is.

 

Wat kan ek in plek van Tuc (wat                   Party sê: Provita's ander weer Cream

van die mark af is ) eet?                               Crackers

 

Kry nie pomelos nie!                                     Daar is pomelosap in houers beskikbaar wat ewe goed werk.

<<<Terug na begin>>>

Aarbei en Neut Frummelpoeding

Elsa

200 g brosbroodbeskuitjies                           100 g haselneute, liggies gerooster

50 g botter                                                   250 g vars aarbeie

 

·          Voorverhit die oond tot 200ºC. Meng die beskuitjies, haselneute en botter in 'n voedselverwerker tot dit soos growwe broodkrummels lyk.

·          Sit die aarbeie in 'n oondvaste bak. Sprinkel die koekie en neutmengsel daaroor en bak vir 10 minute of tot die aarbeie sag is.

·          Sit voor met room of roomys.

 

<<<Terug na begin>>>

Aarbei Spons

Lynn Cupido, Clicks

1 pakkie aarbei jellie                                     175 ml aarbei joghurt

1 groot blik (410g) Ideal melk                      1 k kookwater

Vars aarbeie                                                 Room of Orley Whip vir garnering

 

·           Los jellie op in kookwater en laat afkoel. Moenie stol nie.

·           As jellie koud is, klop Ideal melk tot dubbel volume.

·           Mend joghurt, jellie en Ieal melk.

·           Hou in yskas tot gebruik.

·           Dien op met vars aarbeie en garneer met room of Orley Whip.   [Hoeveelheid: 2,5 liter]

 

<<<Terug na begin>>>

Aartappel Verrassing

Michelle

 

·          Medium / Groot aartappels

·          Sny die aartappels in die helfte deur en kook tot sag (nie pap)

·          Maak intussen 'n paar vulsels, maalvleis en uie, spinasie en feta-kaas, 'n blikkie "sweetcorn" ens.

·          Plaas die aartappelhalwes op 'n bakplaat en sit 'n groot lepel vulsel op elk.  Gooi gerasperde kaas bo-oor en bak in 'n oond van 180º vir ongeveer 20 minute of totdat die kaas lekker gesmelt het.

 

<<<Terug na begin>>>

Aartappels in die Mikrogolf

Wilna

 

·         Plaas aartappels in enige gewone plastiese winkelsak. Maak nie saak hoeveel aartappels nie.

·         20 min Hoog/Volle krag, en hulle is sag genoeg om aartappelslaai te maak.

·         Jy sal sien die sak blaas op vir die eerste ruk. Nog nie probeer nie, maar behoort dieselfde te werk vir wortels en ander harder groente, miskien 15 minute vir ander sagter groente, en dit is baie gesond.

 

<<<Terug na begin>>>

Aartappelsop

Van Janeke:

 

1 kg aartappels                                             500 ml hoenderaftreksel

250 g spek                                                   2 uie

30 ml pietersielie                                          250 ml room

 

·         Kook aartappels sag en maak baie, baie fyn.  Voeg aftreksel by.  Snipper spek en braai tot bros. 

·         Sny uie fyn en braai in spekvet.  Voeg alles bymekaar.  Geur na smaak.  Kook 'n paar minute.  Voeg pietersielie en room net voor opdiening by. 

·         Sit warm of koud voor.

 

<<<Terug na begin>>>

Abrie se 9 Maande Koek

Hennie se resep  -  Ek wou graag 'n koek probeer wat my ouma in doerie jare neergeskryf het toe haar kinders jonk was. My ma is in 1957 gebore, so dis 'n baie ou resep en ek moes dit eers aanpas vir vandag se afmetings. My suster, wat by ons gebly het, se seuntjie was die dag 9 maande oud en terwyl ek besig is kom speel hy by my in die kombuis en brabbel die paar woorde wat hy ken. En dis toe die eerste dag wat hy Hennie sê. Ek was so ingenome, die koek-sonder-naam word dadelik Abrie Se 9 Maande Koek. Al is hy nou al amper 5 en verkies hy deesdae sjokoladekoek, vra hy nog steeds vir die een. En 9 Maande Koek het nou 'n gereelde instelling in ons huis geword. Hier volg die resep vir een middelslagkoek.

 

1 ½ koppie meel                                           ¾ koppie suiker

¾ koppie melk                                              2 eetlepels kookolie

2 teelepels rondvol bakpoeier                        2 eiers

1 teelepel vanielje- / suurlemoengeursel

 

·          Voeg al die bestanddele saam.  Klits dit goed deur en gooi in 'n ronde koekpan.

·          Bak dan vir so 20 minute by 180ºC.  Dit lewer een middelslag wit koek.

·          Ek is gewoonlik te lui om versiersuiker aan te maak en smeer appelkooskonfyt oor die warm koek. Dit maak hom lekker soet en klam.

·          NS moet asseblief nie die mengsel verdubbel nie, maar maak dit twee keer aan.

 

<<<Terug na begin>>>

Afrika-Hoenderresep (Gebakte Gestopte Hoender)

(Vir die dapperes onder ons)

Toe ek hierdie resep ontdek, het ek gedink dit is perfek vir mense soos ek, wat sukkel om te weet of hoender gaar is of besig is om uit te droog.

 

2.7 tot 3.5 kg hoender                                 ½ koppie gesmelte botter

1 koppie stopsel                                            Sout en peper na smaak

1 koppie ongekookte 'popcorn' (springmielies)

 

·          Voorverhit oond tot 180°C. Smeer hoender goed met gesmelte botter, sout en peper.

·          Vul hoender met stopsel en springmielies. Die volgende is belangrik. Plaas in oondpan met nek na agterkant van oond. Vat kinders en honde uit die huis.

·          Luister vir popgeluide....!

·          Wanneer die hoender ontplof, die oonddeur oopskiet en die hoender deur die lug vlieg, kan jy weet die hoender is gaar!!

·          Julle  het gedink ek weet niks van kook af nie né?

 

<<<Terug na begin>>>

Alkohol-Vrye Sangria

deur Nataniël

Dié week wys Die Nataniël Tafel vir ons hoe om die lekkerste geregte in ‘n gesonder opsie te verander. Hier word ongesond sommer vinnig gesond!

 

15 ml fyn kaneel                                          1–2 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper

1 lemoen, koud                                            1 suurlemoen, koud

1 000 ml hanepoot of rooi druiwesap, koud   250 ml-bottel pruimsap, koud

500 – 1 000 ml water

 

·           Plaas die speserye in ‘n glasbak met inhoudsmaat van 2 – 3 liter. Voeg die skil en sap van die lemoen en suurlemoen by.

·           Roer deeglik totdat die kaneel oplos. Voeg die druiwesap en pruimsap by, en laastens die water. Voeg ys by indien verlang.

 

<<<Terug na begin>>>

Aspersie Tert

1 pak Spek (bacon)                                      Ui gekap

250gr Botter/margarien                                250ml Koekmeel

1 blik Aspersies (groot)                                 900ml Melk

250ml Kaas gerasper                                    10ml Mosterdpoeier

4 Eiers                                                          Sout en Rooipeper

 

·         Braai spek en uie tot gaar.   Smelt botter en roer koekmeel, sout en rooipeper by.

·         Roer melk en aspersiesous by en kook tot gaar.  Verwyder van stoof.

·         Voeg geklitste eiers, spek en res van die bestandele by.

·         Bak in 'n gesmeerde pan van 24x30cm vir 40min of tot bruin en gaar.

 

<<<Terug na begin>>>

Baby Marrow Gebak

[Lydia van Aswegen]

 

Rasper rou saam -

1 pakkie Baby marrows                                 1 ui

 

Meng nou met:

1 blikkie sweetcorn                                       1 pak spek - gesnipper

1 koppie gerasperde cheddar kaas                1 koppie bruismeel

½ koppie olie                                                2 teelepels sout

peper na smaak                                            4 geklitste eiers

 

·         Meng alles goed saam.  Skep in 'n gesmeerde oondbak en bak 40-45 minute by 180°C.  (Genoeg vir 10 persone)

 

<<<Terug na begin>>>

Bakplaat-Blokkies

[Anemarie Neudecker]

Maak: sowat 40 bruintjies          Bereidingstyd: 15 minute      Baktyd: 20 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

 

Deeg:

230 g botter                                                 100 g witsuiker

500 ml koekmeel                                          10 ml bakpoeier

2 ml sout                                                      50 ml kakao

500 ml klapper / neute

 

·           Voorverhit oond tot 180°C.

·           Verroom botter en suiker saam.  Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam.  Voeg meelmengsel by bottermengsel en meng goed. 

·           Smeer die deeg in ‘n oondpan van 40 x 27 cm en bak dit 20 tot 30 min. tot gaar.

 

Versiersel:

250 g versiersuiker                                       25 ml kakao

25 ml sagte botter                                        10 ml vanieljegeursel

30 ml water

 

·           Sif versiersuiker en kakao saam.  Voeg res van die bestanddele by en meng tot ‘n smeerbare pasta.  Smeer dit oor die warm plaatkoek net ná dit uit die oond gehaal is en laat dit afkoel. 

·           Sny die plaatkoek in 5cm blokkies wanneer koud.

 

<<<Terug na begin>>>

Basiese Broodresep

[Emily – uit die tydskrif WegKos]

Gebruik dié resep vir die allerlekkerste brood. Hy wérk, as jy sorg dat die kole net warm genoeg is. Die idee vir dié brood en vulsels kom eintlik van daai mollige Ingelsmannetjie met die skoeter – Jamie Oliver.

Jy het nodig vir 1 potbrood of 2 langwerpige brode:

 

7 koppies witbroodmeel                                2 x 10 g-sakkies kitsgis

2½ koppies louwarm water                           2 eetlepels suiker

3 teelepels fyn sout

 

Laat dit gis. Gooi die meel in ’n diep bak. Meng die gis, water en suiker in ’n ander kleiner bak en laat vir tien minute staan totdat die gis begin skuim. Gooi dit by die meel en voeg ook die sout by.

 

Oefen daai spiere. Meng tot al die bestanddele goed gemeng is en haal dan die bol deeg uit en sit dit op ’n plat, meelbestrooide oppervlak. Druk, knie, vou en rol die deeg vir sowat 10 minute of totdat dit lekker sag en elasties is.

 

Rus ’n rukkie. Sprinkel ’n bietjie meel in ’n bak, sit die deeg daarin en sprinkel ook ’n bietjie meel oor die deeg. Maak die bak toe met kleefplastiek en ’n klam vadoek en los dit in ’n warm plek om te rys tot dubbel die oorspronklike grootte.

 

Weer ’n bietjie spiere. Knie dit weer af vir ’n paar sekondes en sit dit in die ronde ysterpot (of twee broodpanne) om vir ’n tweede keer te rys tot dubbel die oorspronklike grootte. Hanteer die ysterpot versigtig sodat jy nie al die lug uit die deeg uitskud nie.

 

Kole toe met jou. Sodra die deeg uitgerys is, kan jy die pot op die kole sit en kole op die deksel stapel. Kyk ná ’n halfuur of die brood begin bruin word en sit die deksel terug met nuwe kole op. Dit behoort ná ’n uur gaar te wees. Haal die pot van die vuur af en los dit vir ’n halfuur om af te koel voor jy die pot omkeer om die brood uit te haal.

 

Vir iets anders, deel die deeg hierbo in twee gelyke dele nadat jy dit klaar geknie het. Rol die dele langwerpig uit (sowat 1 cm dik) en pak die volgende vulsels daarop:

Soet Vulsel met Sjokoladesmeer en Okkerneute *

Sout Vulsel met Ham, Cheddarkaas en Songedroogde Tamaties *

 

<<<Terug na begin>>>

Beesstert Broodjie

Alet

 

1 pak (500g) bruismeel                                1 pakkie (4 porsies) beesstert soppoeier

1 houer (500 ml) karringmelk                       50g (125 ml) gerasperde Cheddar-kaas

knypie rooipeper

 

·          Voorverhit die oond tot 180c. Smeer 'n broodpan van nagenoeg 20 * 14 * 7 cm.

·          Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam. Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk. Strooi die kaas en rooipeper oor.

·          Bak die broodjie 'n uur lank op die middelste oondrak. Keer dit op 'n draadrak uit en laat dit afkoel. 

 

<<<Terug na begin>>>

Beet-en-Uie Marmelade

(Sowat 500 ml)

6 middelslag bete (geskil, in klein blokkies gesny)

6 uie (geskil, dun skywe gesny)                   45 ml botter

15 ml olyfolie                                                1 1/2 koppie suiker

250 ml balsemasyn                                       Sout en varsgemaalde swartpeper

 

·           Kook beet vir 15 min in kookwater, dreineer en hou eenkant

·           Braai uie in botter en olyfolie tot sag en deurskynend

·           Voeg beet by en braai nog ongeveer 5 minute

·           Voeg 1 koppie suiker by en roer tot gesmelt voeg balsemasyn by en draai hitte laer

·           Geur met sout en peper en laat prut vir 2 ure

·           Voeg laaste suiker by en kook nog 5 minute.  Skep in gesteriliseerde flesse

 

<<<Terug na begin>>>

Bhel Poori (Aartappels)

500 g uie, gesny                                          30 ml olie

15 ml fyn komyn                                          5 ml borrie

2 fyngekapte knoffelhuisies                          30 ml gerasperde vars gemmerwortel

1 groen brandrissie (ontpit fyngekap)           3 tamaties (geskil grofgekap)

1 kg aartappels, gekook groterige blokke      sout en peper na smaak

200 ml gewone jogurt of room

 

·           Braai die uie in olie en voeg komyn, borrie, gemmer en rissie by. Braai paar minute terwyl geroer word.  Voeg tamaties by en laat 3 – 5 min prut.

·           Voeg aartappels by, geur met sout en peper en verhit tot deurwarm.  Verwyder van stoof.

·           Voeg jogurt by, meng goed deur en laat afkoel.

·           Bedien met poppedums en blatjang.

 

<<<Terug na begin>>>

Bief-Sosaties

Marinade

30 ml botter                                                 1 gekapte groot ui

15 ml kerriepoeier                                         7 ml borrie

30 ml bruinsuiker                                         15 ml mielieblom

250 ml asyn                                                 125 ml blatjang

2 gekneusde lourierblare                              sout en swartpeper na smaak

250 g droë appelkose                                   15 ml worcestersous

1 x 410 g blik gekapte tamaties

 

·          Verhit botter en soteer ui tot sag en glansend.  Gooi kerrie en borrie by en roerbraai. Roer bruinsuiker by.

·          Meng mielieblom, asyn en blatjang en geur met 5 ml sout.  Roer appelkose by en voeg by uie.

·          Roer lourierblare, worcestersous en tamaties by en laat 5 minute prut.  Laat marinade heeltemal afkoel.

·          Sit sosatie-blokkies vleis in glasbak en gooi marinade bo-oor.  Meng deeglik en marineer vir minstens oornag of 2 dae in yskas – draai kort-kort vleis om.

·          Rys stokkies met vleis, appelkose en opgerolde spekrepe.

·          Rooster sosaties oor matige kole tot gaar soos verkies.

 

<<<Terug na begin>>>

Bier Brood

Adrian skryf:  Ek het hierdie al 'n paar keer gemaak, en dit is BAIE lekker. Die kinders geniet dit as dit warm is, ek het omtrent nooit iets oor om aan te proe nie!!

 

1 kg "Self raising flour"                                1 pakkie bruinuiesoppoeier

1 x 250 g pakkie gekerfde "bacon"               2 x 450 ml Hansa bier

Handvol gerasperde kaas                              fyn rou knoffel

 

·         Braai "bacon" en knoffel tot gaar.  Laat "bacon" afkoel.

·         Meng "self raising flour" en bruinuiesoppoeier.

·         Meng nou al die droë bestanddele met die kaas, voeg "bacon" by.  Voeg bier by totdat die deegmengsel behoorlik deurgemeng is.

·         Smeer pan/pot (vir kole) met olie of margarien.  Plaas mengsel in pan/pot en strooi bietjie kaas bo-oor. 

·         Laat staan vir sowat 15 minute sodat deeg lekker kan rys.  Sit in die oond.  Oond moet op 180 grade wees.

·         Bak vir ongeveer een uur of totdat brood heeltemal gerys het en lekker bruin is.

·         As jy 'n pot gebruik vir die kole, plaas sowat drie lekker groot warm kole bo op die deksel en bak.

·         Die brood moet maar gereeld dopgehou word as jy kole gebruik, die hitte is nie altyd ewe konstant nie.

 

<<<Terug na begin>>>

Biltong

Afrikaans Met die slaggaaie in die paaie en slapgaaie in die politiek is nie alles altyd meer lekker in ons land nie. Gelukkig is daar één ding wat die moedeloses bemoedig, die troosteloses troos, die reddeloses red.  Hierdie gawe van die gode, hierdie weg tot wêreldvrede... biltong.  'n Koutjie keurige biltong in die kies is salf vir 'n rou gemoed. Dit verruim jou medemenslikheid en verbreed jou verdraagsaamheid.  Solank 'n mens biltong het om te kou is dit lekker om te reis.

 

Daarom, in die belang van padveiligheid, toerismebevordering, goeie smaak, nasiebou en wêreldvrede, koop vir jou 'n stukkie biltong.  Maar om hemelsnaam, koop net reg. Só maak jy...

 

'n Mens vra nie prys nie -Dis beslis ongemanierd om te vra wat biltong kos. As jy dit wil hê, koop dit, en as jy dit nie wil hê nie, los dit. 'n Mens mag nie iets soos biltong met die wêreldse banaliteit van geldwaarde besoedel nie. Kies jou streek mooi - Kies die plek waar jy jou biltong koop, baie versigtig. Die eerste aanduiding van opregte, rasegte biltong is die landstreek.

 

Die Hoëveld en Vrystaat is veilig, die Kalahari en Bosveld is pure biltongwêreld, maar in die Kolonie moet jy ligloop. Die mense hier het nie die biltongmaakervaring van die Groot Trek nie. Hulle spesialiteit is bokkoms. En nee, dit het niks met provinsialisme te doen nie.  Net so min as wat ek die Kolonie se biltong aanbeveel, net so min sou ek mense aanraai om bokkoms te koop wat in die Bosveld gedroog is.  Die Kolonie is nie biltongwêreld nie en die Bosveld is nie bokkomwêreld nie. Dis hoe die aarde gemaak is – elke ding het sy plek.

 

Maar hier en daar in die Kolonie is wel 'n blokman wat soms 'n reep droë vleis aanbied wat baie, baie na aan die ware Jakob kom. Kies jou winkel nóg mooier - Koop biltong by 'n slaghuis of biltongwinkel – al is jy hóé desperaat, jy koop nooit ooit 'n pakkie versmoorde biltong by 'n deurpadwinkel of kafee nie.   Daai goed is nie biltong nie. Dis flenters sening en afvalvleis wat sonder liefde of aanvoeling in 'n fabriek deur 'n droogoond gedryf word. 'n Spantou kou makliker én smaak lekkerder. 

 

As iemand jou só 'n sakkie senings present gee, begrawe dit iewers waar jou hond dit nie in die hande kan kry nie.  En beskou dit as 'n onsubtiele kennisgewing dat die vriendskap verby is. Hoe groter die grootpad en hoe nader aan hom die biltongwinkel, hoe beter is die kans dat die biltongtransaksie jou met 'n bitter smaak in die mond kan laat. 

 

Van hierdie handelaars reken daarop dat jy haastig is en ver weg sal wees teen die tyd dat jy agterkom hulle het jou verneuk.  Daar is uitsonderings, maar hulle is skaars. Veiligheidshalwe soek ek eerder 'n slaghuis wat elke dag aan dieselfde plaaslike mense verkoop – hulle kan nie bekostig om hulle klandisie kwaad te maak nie. Kyk na die naam - As die slaghuis of biltongwinkel se naam nie Afrikaans is nie, hou maar verby. Die Engelse weet niks van biltongmaak af nie. Hulle taal het nie eens 'n woord vir biltong nie. 

 

Ek is nie Anglofobies nie – vir "cucumber sandwiches" of "marmelade and toast" sal ek soek totdat ek 'n plek met 'n Engelse naam kry. Hoe's die mense - Bepaal die aard van die mense wat die biltong aan jou wil verkoop.  Dekades se noukeurige navorsing het bewys dat goeie biltong nie gemaak kan word deur mense wat onvriendelik, bot, ongemanierd, humorloos of dooierig is nie.  Biltong wat nie lekker is om te koop nie, smaak ook nie lekker nie.

 

Kyk na die omgewing - Ek sal byvoorbeeld nie met 'n geruste hart tjilliebyte koop by 'n slaghuis waar daar 'n hoop jakkalsvelle in die agterplaas lê nie.  Kyk en ruik hoe dit binne lyk. As daar vlieë in die slaghuis toegelaat word, dan is daardie effens souterige, bros-op-die-tong korreltjies op die biltong waarskynlik nie fyngestampte koljander nie... En onthou, 'n slagter wat jou toelaat om met jou kale hande aan die biltong te voel, laat ook hoeveel ander smerige lunsrieme met hulle kloue op die weerlose biltong los.

 

Ken die slagter sy storie - Die beste beesbiltong word gemaak van C-graadvleis. As jy "C-graad" sê en die slagter reageer asof iemand hom met 'n skokstok op 'n teer plek gaffel, soek maar 'n ander slaghuis!  (C-graad is spesiaal geskape om daardie lekker, smaakryke beesbiltonge met die dik, geel vet te maak). En as die slagter jou biltong vir jou in 'n plastieksak wil sit, kanselleer die transaksie net daar, vat jou geld en loop.  G'n mens wat iets van biltong weet, versmoor die goed in plastiek nie – dit bederf binne 'n uur of twee. 

 

Biltong hoort in 'n bruin papiersak – dis nou as jy nie 'n slopie het soos die oumense gebruik het nie. Kyk na die biltong self - 'n Bedagsame, bedrewe biltongmaker sny elke boud of blad of wat ook al netjies in sy nate uitmekaar. Daarna sny hy al die slierte en senings en rieme en goeters af en kook dit eenkant vir sy boerboele. Van die skoon vleis sny hy gawe, gladde, egalige en elegante biltonge. Bekyk die biltong mooi: As hy 'n sening of 'n vlies in die middel af het, sal die biltongmaker jou waarskynlik met jou kleingeld ook probeer verneuk. 

 

Kies 'n biltong wat reg gesny is of gaan koop vir jou 'n pakkie skyfies by die kafee langsaan.  Die heel lekkerste wildsbiltong is die blinkste, swartste, gladste een wat nie te dik is nie, tensy dit 'n oumabiltong is ('n oumabiltong is die sagte binnerug-stringvleis wat mense beeshaas noem).  Wildsbiltong moet droog wees – hoe droër, hoe beter. Hy moet só droog wees dat hy breek as jy hom buig. Morsaf. Beesbiltong kan maar dik en natterig wees en rooi deurskyn as jy 'n skyfie teen die lig hou.  

 

As jy nie 'n beesbiltong met dik geel vet kan kry nie, soek dan die swartste biltong met die egaligste tekstuur, maar moet jou nooit in 'n pienk biltong of 'n biltong met wit vet in laat verneuk nie. Wit vet is voerkraalvet. Dit is verbouereerde beeste wat in kampies saamgehok word en allerhande goeters ingestop word om hulle so gou as moontlik vet te martel.  Die storie dat wit vet beter is, is twak waarmee die voerkraalbase die dommer deel van die publiek mislei sodat hulle dit koop.  Daar steek geen waarheid in nie. Dit smaak nie lekker nie en dis nie goed vir jou nie.  En die storie dat geel vet ongesond is, is nóg groter twak.

 

My oupagrootjie sê al hierdie praatjies dat mense kwansuis sou siek word en doodgaan van cholesterol, pyprook, mampoer en geel vet, is twak.  Siekte word veroorsaak deur spanning en spanning word veroorsaak deur onsekerheid en onsekerheid word veroorsaak deur 'n vrot regering, sê hy.  Moenie die skuld op biltong pak nie. Kerf hom reg - Die beste, voorbeeldigste manier om beesbiltong aan te durf is met 'n skerp knipmes.Maar dit kan soms lastig wees as jy nog 'n hand van iewers af moet optower om 'n stuurwiel vas te hou.   Dan vra jy die slagter om die biltong wat jy gekies het, vir jou te kerf.

 

Die meeste van die tyd word die stomme biltong in 'n rasende masjien gedruk.  As dié masjien oud word en sy lem stomp, dan kerf hy nie die biltong ordentlik nie – hy vermink dit.  Hy skeur die vet met die riem af en smyt dit, as jy gelukkig is, in een lang, papgekapte sliert eenkant en befomfaai die res tot 'n hopie flenters.  Soms is dit so erg dat die hele ding, biltong, vet en riem, oral aanmekaar vas is wanneer hy kastig klaar gekerf is. As jy ewe stylvol en deftig 'n kerfie biltong met twee vingers raakvat en uit die sakkie wil lig, kom die hele spul saam, nes 'n slaghoender se gedermtes.

 

Hier is my raad: Keer wanneer hulle jou biltongsakkie wil toeplak. Steek jou hand in, vat 'n stukkie biltong en tel dit op.  As die stukkies een-een uitkom, vrolik die mense se dag op met 'n spitsvondigheid, sê dankie en betaal. Maar as daar 'n sliert biltongderms saamkom, eis dan dat jou biltong ordentlik gekerf moet word of vat jou geld, ruk jou op en loop.  As die plek 'n sifdeur het – soos dit elke sindelike slaghuis betaam – klap hom dat hy tot in sy skarniere sidder.  Dis jou reg en jou plig teenoor ander biltongeters.

 

Die smaak - 'n Mens proe nie regtig hoe 'n biltong smaak as jy daar voor die toonbank drie koue aan 'n toetsmootjie gee nie – Biltong het 'n langdurige tongtroeteling nodig om sy ware boeket te bepaal. Dis die deel waar jy moet vertrou. Maar as jy vir al hierdie voorsorge gesorg het, en al hierdie slaggate gesystap het – en jy het nog genoeg tande vir die taak – wag daar op jou 'n wonderlike belewenis: Die heilsame geelvetkroon, die smaaklike swartvleisrand en die dieprooi lekkerte in die middel.

 

Ruik hom: Die ene soet rooigrasweiding, ware Bosveld; goed en gesond. Proe hom: Net genoeg geurgoeters sodat die vleissmaak ongeskonde behoue bly (een ding waaroor daar nie 'n verskil mag wees nie, is dat 'n fatsoenlike biltong sout moet wees - nie brak nie, net lekker sout, soos 'n biltong behoort te wees). Kou hom: 'n Kernontploffing van smaak en voedingskrag; ook voeding vir die geteisterde gees. Ewe skielik word die ou vaal wêreld rondom jou volkleur. Die onregte wat die mensdom jou so knaend aandoen, word nietighede. Die slaggatpad word 'n hemelse hoofweg. Jou medepadgebruikers word jou innigste vrinne – almal broers teenoor wie jy niks anders koester nie as die grootste begrip en deernis. 

 

En nou hoop ek julle is almal lus vir so lekker stuk biltong, soos ek...!

 

<<<Terug na begin>>>

Biltong Mousse

[Lydia van Aswegen]

15 ml Kookolie                                              1 klein ui, gekap

1 hoenderaftrekselblokkie                             100 ml kookwater

10 ml gelatien                                              knippie fyn koljander

380g blik ingedampte melk                           100g fyngerasperde biltong

45 ml mayonnaise                                        10 ml wit asyn

 

·         Bespuit al die vormpies

·         Verhit die olie en braai die uie tot sag en laat afkoel

·         Los die hoenderaftrekselblokkie in die kookwater op

·         Roer die gelatien en die koljander by

·         Klits die ingedampte melk styf

·         Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayo, uie en asyn by en meng alles goed saam

·         Skep in die vormpies en laat stol

·         Keer uit op kleinbordjies en bedien met Melba-roosterbrood of varsgebakte brood

·         Garneer.  (Genoeg vir 12 mense) Moenie resep verdubbel nie, maak enkel aan.

 

<<<Terug na begin>>>

Biltong Potjie

Genoeg vir 10 mense

6 Uie                                                            1 Pak sampioene

R60,00 se biltong                                         1 Blik pitmielies

1 Pak noodels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)

½ "Green Pepper"                                         2 Houertjies vars room

Redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)

 

·         Braai uie en sampioene tot gaar.   Voeg biltong by.   Voeg gaargemaakte noedels by.

·         Plaas "green pepper" en pitmielies bo op.   Rond af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.  Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak.

·         Bedien dit saam met 'n lekker mengelslaai of enige ander slaai en jy rek dit nog verder.

 

<<<Terug na begin>>>

Biltongsop

Ingestuur deur Willem

 

100 g botter                                                 100 g koekmeelblom 

1,5 l Melk                                                     500 g nat, fyn gekerfde biltong

100 g biltongspeserye                                  200 g Bloukaas - gerasper 

400 g Cheddarkaas - gerasper                     250 ml vars room 

50 ml port

 

·         Smelt die botter in 'n swaarboomkastrol.   Voeg die meel by en braai liggies.  Roer die melk by en roer tot dit kook. 

·         Voeg biltong by, maar hou bietjie oor vir garnering.  Roer vir so 30 sekondes.

·         Voeg die bloukaas by, maar hou ook so bietjie uit vir garnering.  Wanneer die bloukaas gesmelt is, gooi die cheddarkaas in en roer tot dit gesmelt is.

·         Die sop is nou gereed en moenie meer baie langer op die stoof bly nie. Net voor jy opskep, gooi die room en die port in en gee een vinnige roer. Skep nou in sopbakkies en garneer met orige biltong, biltongspeserye en bloukaas. Jy kan ook 'n bietjie pietersielie opsit en as jy dalk nog room het, net so 'n ou straaltjie in die rondte gooi oor die sop.  Bedien met varsgebakte brood met regte botter.

 

<<<Terug na begin>>>

Blikkiesvrugte Poeding

[8 porsies]

 

250 ml suiker                                               2 groot eiers

1 x 410 g blik ingemaakte vrugte                 500 ml bruismeel

Knipie sout                                                   5 ml koeksoda

 

Stroop

200 ml suiker (of minder)                             375 ml melk of ideal melk

5 ml vanielje                                                 125 ml lemoensap of brandewyn

125 ml klapper

 

·           Klits eiers en suiker tot romerig. Dreineer sap van vrugte in die eiermengsel. Sif droë bestanddele saam en roer by eiermengesel. Vou vrugte in.

·           Gooi in gesmeerde oondvaste glasbak en bak teen 180°C vir 45 minute. Plaas intussen al die nat stroopbestanddele in 'n kastrol en prut vir 5 minute. Gooi warm oor koek as uitkom. Strooi klapper oor. Bedien met roomys, vla of room.

 

<<<Terug na begin>>>

Blomkool Piekels

As jy van piekels as bykos hou, is dit die resep vir jou. Dit kan maande hou in die yskas. Genoeg vir 6 – 8

 

10 ml heel koljander                                     10 ml mosterdsaad

5 ml komynsaad                                           1 lourierblaar

500 ml witwyn-asyn                                     5 knoffelhuisies

1 stuk gemmer (so groot soos duimnael), fyngerasper

2 baba-uie, in ringe gesny                            100 g (125 ml) suiker

10 ml sout                                                    5 ml swartpeper-korrels

10 ml borrie                                                  10 ml rissievlokkies

1 kop (sowat 340 g) blomkool, in los blomme gebreek

4 wortels, in ringe gesny

 

·           Droogbraai speserye en lourierblaar 3 – 5 minute in ’n warm middelslag-pot. Voeg res van bestanddele behalwe blomkool en wortels by. Bring tot kookpunt en kook 5 minute.

·           Voeg blomkool en wortels by. Verwyder van hitte en gooi vuurwarm mengsel in glasflesse wat dig seël.

·           Laat afkoel in flesse en piekel minstens ’n dag lank voor jy dit voorsit. Dit kan 2 – 3 maande in die yskas hou.

 

<<<Terug na begin>>>

Bobotie I

1 sny witbrood                                              250 ml melk

1 kg gemaalde bees- of skaapvleis               1 ui, fyngekap

125 ml pitlose rosyne                                   125 ml amandels

15 ml fyn appelkooskonfyt                            15 ml blatjang

25 ml suurlemoensap                                   5 ml gemengde vars kruie, gekap

10 ml kerriepoeier                                         5 ml borrie

Sout                                                             10 ml sonneblomolie

3 groot eiers                                                 4 lourierblare

 

·         Week die brood in die helfte van die melk, druk uit en hou die melk eenkant.

·         Meng die brood met die vleis.

·         Meng al die ander bestanddele hierbo gelys vanaf die ui tot die sout daarmee saam.

·         Verhit die olie in ‘n braaipan en verbruin die vleismengsel. Keer dit in ‘n oondskottel uit.

·         Klits die eiers met al die melk en gooi oor die vleis.

·         Garneer met lourierblaar bo-op en bak sowat 50 minute of tot gestol by 180ºC.  Bedien saam met geelrys met rosyne.

 

<<<Terug na begin>>>

Bobotie II

Heila

 

1 kg gemaalde skaap of beesvleis                 2 uie

1 sny brood                                                  1 k melk

2 eiers                                                          1 3 kerriepoeier

1 ½  e suiker                                                2 t sout

½ t peper                                                     ½ e borrie

2 e asyn of die sap van 1 suurlemoen           ½ ontpitte rosyne

6 amandels in kwarte verdeel (opsioneel)     3 e blatjang

4 suurlemoen- of lourierblare of die gerasperde geel skil van 1 suurlemoen

·          Dop die buitenste droë skilletjies van die uie af, sny die uie dan in dun skyfies en kerf dit fyn. Braai dit efffens bruin in warm vet en indien rou vleis gebruik word, braai dit saam met die uie tot dit effens gaar en los is.

·          Week die brood in die melk en druk weer die melk uit. Maak die brood fyn.

·          Meng al die bestanddele, behalwe 1 eier, ½ melk en die suurlemoenblare.

·          Sit die mengsel in ‘n gesmeerde, vuurvaste bakskottel en steek die blare in die mengsel sodat hulle regop staan.

·          Bak dit 1 ½ uur lank in ‘n matige oond by 180°C as rou vleis gebruik word en 45 minute lank as gaar vleis vleis gebruik word.

·          Klop die oorblywende en ½ koppie melk en gooi dit oor die vleis ‘n halfuur voordat dit uit die oond gehaal word.  Dien dit op met gekookte rys en blatjang.

 

<<<Terug na begin>>>

Braaibroodjies

Lucia:

 

Basiese resep vir Franse braaibrood

2 eiers                                                          knippie sout

150 ml melk                                                 6 snye brood, korsies afgesny

60 g botter

 

·          Klop die eiers, sout en melk saam.  Doop die snye een-een in die eiermengsel.  Smelt die botter in 'n pan en braai die snye tot goudbruin aan albei kante.

 

<><><> 

Sampioen-en-Spekbroodjies

 

Spekvleisrepe                                               sampioene, in skyfies gesny

tamaties, in skywe gesny

 

·          Braai die spek, sampioene en tamaties in 'n bietjie botter en hou eenkant tot die braaibroodjies gereed is.  Skep die spekvleis, sampioene en tamaties bo-op en sit dadelik voor.

 

<><><> 

Groentebroodjies

·          Stel oond op 200°C.  Sprinkel olyfolie oor skyfies murgpampoen, sampioene, rooi soetrissies, vlapampoentjies, eiervrug of enige ander  groente wat geskik is vir rooster, en geur met sout, peper en kruie na smaak. 

·          Plaas sowat 20 minute in die voorverhitte oond.  Voeg nog olie by, indien nodig, en draai eenkeer om.  Let op dat dit nie aanbrand nie.  Rangskik die groente op klaar voorbereide braaibroodjies en bedien dadelik.

 

<><><> 

Kaneelsuiker Braaibroodjies

 

soet wyn of sjerrie                                        6 snye brood

dieselfde eiermengsel as vir sout broodjies

 

<><><> 

·          Sprinkel die wyn/sjerrie oor die snye brood.  (Brood moenie deurweek word nie, anders is dit pap en onhanteerbaar) Doop die snye in die eiermengsel en bak soos gewoonlik.  Strooi kaneelsuiker oor en sit dadelik voor.

 

<<<Terug na begin>>>

Braaisous vir Lamsribbetjie

30 ml sojasous                                             30 ml heuning

100 ml droë witwyn                                      5 ml worcestersous

5 ml mosterdpoeier                                       5 ml tamatiepasta

5 ml suurlemoensap

 

·          Meng saam en marineer ribbetjie ongeveer 1 uur voor dit gerooster word.

 

<<<Terug na begin>>>

Braaivleis Brood

Theo - Ek het nou die dag die brood gebak en glo my almal was mal daar oor.  Lekker saam met braaivleis.

 

Een witbrood deeg (koop sommer een by die supermark)

 

Vulsel:

1 pak gesnipperde spek                                2 medium uie - gesnipper

3/4 koppie gesnipperde gevriesde spinasie   gerasperde kaas na smaak

250 g sagte knoffelbotter (Ek sit myne vir so 10 sekondes in die mikrogolf oond).

 

·          Braai die uie en die spek vir 'n paar minute.  Laat spinasie heeltemal ontdooi en meng saam met die uie en spek en braai vir so 2 minute. 

·          Rol die brooddeeg tussen jou hande om 'n wurm te vorm van + - 60 cm.  Rol die wurm plat uit so 1cm dik. 

·          Smeer die uitgerolde deeg met die knoffelbotter (Jy kan dit lekker dik smeer, maar hou bietjie vir later). 

·          Smeer die vulsel oor die deeg en gooi gerasperde kaas bo-oor en rol op soos 'n rolkoek en druk die laaste deel vas.  Jy sit nou weer met 'n wurm.

·          Rol nou die wurm op sodat die bokant lyk soos 'n spiraal.  (Ek bak my brood binne in 'n plat swartboom pot omdat die ronde deeg mooi pas en ook agterna mooi lyk). 

·          Sit opgerolde deeg in die pot, rasper kaas bo oor en laat goed uitrys.  (Ek verhit sommer die oond bietjie en laat die deeg daarin uitrys). 

·          Bak die brood by 180 grade vir + - 45 minute of tot mooi bruin.  Smeer orige knoffelbotter oor die brood.  Ek smeer genoeg oor want ons hou van die smaak.  Sit warm voor.  Onthou die vulsel kan met enigiets aangevul of vervang word.  Lekker eet.

 

<<<Terug na begin>>>

Brandrissie Blatjang 

3 uie                                                            10 ml kerriepoeier

2 knoffelhuisies                                            5 ml mosterdpoeier

500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews  5 ml fyn gemmer

250 ml bruin asyn                                        5 ml gemengde kruie

750 ml appelkooskonfyt                                5 ml sout

 

·          Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit ‘n paar minute lank.  Roer res van die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt.

·          Laat kook +- halfuur tot dik; roer gereeld.  Bottel warm en verseël dadelik.

 

<<<Terug na begin>>>

Broccoli Sop

(6 porsies)  Selfs mense wat nie broccoli eet nie, is mal hieroor. 'n Definitiewe wenner!

 

50g botter                                                    500g broccoli

1 ui, fyngekap                                              1 teelepel knoffel

3 eetlepels koekmeel                                    250ml melk

knippie neutmuskaat                                    swartpeper na smaak

250ml room

1 eetlepel hoenderekstakpoeier of 2 hoenderblokkies opgelos in 1 liter kookwater

 

·         Smelt botter en haal van hitte af. Roer broccoli, knoffel en ui in. Maak toe en sweet in 10 minute. Roer meel in. Voeg al die bestanddele (behalwe room) by. Bring tot kookpunt. Roer deur, sit deksel op en prut vir 15-20 minute. Versap. Roer room in voor opdiening.

·         Wenke:  Vries baie goed - vries as klaar gekook en voor room ingeroer word.

·         Jy kan meer porsies uitkry as jy dit as voorgereg bedien.

·         Garneer met 'n skoot room en varsgemaalde peper. Bronkorsblare lyk ook mooi.

 

<<<Terug na begin>>>

Broodslaai

Van Mariska -  (Die maklike een)

 

Sny brood in dik snye en dan in blokkies

Sny kaas van jou keuse in blokkies

Gebraaide spekvleis in stukkies gekap

Gelyke hoeveelhede kondensmelk en mayonnaise

Olie vir diepbraai

Gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)

 

·          Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin.  Dreineer en laat afkoel. 

·          Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaisemengsel ‘n halfuur voor opdiening.

 

<<<Terug na begin>>>

Bros Uieringe uit die Oond

Van Deon Uit Holland - Dit smaak baie lekker by 'monkey gland' steak. Warm of koud is dit lekker.

 
1 sak 'naturel chips'                                      1/2 t rissiepoeier

250 ml karringmelk                                      1 eier

60 g meel (4 e)                                            1/2 t sout

swart peper                                                  2 groot witte uie

 

·         Begin met die voorverwarmen van die oond op ongeveer 230*C.

·         Doen bakpapier op 'n bakplaat.

·         Verkrummel die 'chips' in 'n plastieksakkie of in 'n voedselverwerker.

·         Doen dan 'n bietjie van die verkrummelde 'chipjes' in 'n skaal. (vul steeds kruimels aan as dit opraak)

·         Voeg by die 'chips' 'n klein bietjie rissiepoeier toe. 

·         Meng in 'n ander kom die karringmelk, 4 eetlepels meel, 1 eier en 'n bietjie sout en peper.

·         Sny die uie in ringe en gebruik alleen die groter uieringe.

·         Doen die 60 gram meel in 'n plastiese sakkie en doen daar die groot uieringen in en skud dit goed deurmekaar sodat die uieringen onder die blom sit.

·         Doop daarna 'n uiering in die karringmelkblommengsel en dan in die 'chipskrummels' en lê dit dan op die bakplaat. 

·         Die uieringen kom daarna vir ongeveer 15-20 minute die oond in, tot hulle lekker bruin en bros lyk.

 

<<<Terug na begin>>>

Bruinpoeding

Stroop

4 koppies kookwater                                     2 koppies  suiker

1 eetlepel suurlemoensap

Kook saam vir 20 minute

 

Beslag

1 koppie sagte botter                                    1 koppie suiker

2 eetlepels appelkooskonfyt of enige ander geur konfyt

1 koppie melk                                               2 teelepels fyn gemmer

2 teelepels  koeksoda opgelos in                   1 eetlepel asyn

3 koppies koekmeel

 

·         Room botter en suiker, roer konfyt in. Roer koeksoda en melk in.

·         Meng koekmeel en gemmer by. Maak 'n beslag.

·         Skep in diep oondpan en gooi stroop oor.  Bak in matige oond 180ºC  vir 30 – 45 minute (pasop dat dit nie brand nie.)

 

<<<Terug na begin>>>

Butternut en Patatgebak

3 koppies Patat – gesny                                3 koppies 'Butternut' in blokkies

1 - 2 houers room gemeng met                    1 pakkie  Wit Uiesop

 

·           Maak eers toe met "tinfoil" en bak vir 40 min teen 180 C.  Bak dan oop tot effens bruin.

 

<<<Terug na begin>>>

Butternut Slaai

Reinette - 'n Baie lekker slaai resep - (Dit hang af hoeveel jy wil maak)

 

·          'n Halwe (groterige) "butternut", skil dit af en rasper grof.

·          Gooi 1 blikkie pynappelstukke daarin (die helfte van die sous kan ingegooi word)

·          Gooi 'n bietjie lemoenkoeldrank ook by. (min of meer 'n 1/8 koppie)

·          Gooi 'n halwe koppie rosyne in (opsioneel)

·          Strooi suiker oor en meng alles goed.

·          Sit in die yskas tot lekker koel en dien dan op.

·          Proe amper soos wortelslaai net lekkerder.

 

<<<Terug na begin>>>

Butternut Sop I

Ingestuur deur Esme

 

Die sop is baie eenvoudig. Die volgende is nodig:

1 groot ui, opgesny                                      1/2 koppie botter

1 groterige 'butternut', ook opgesny in blokkies

1 bakkie maaskaas, plein                              750 ml kookwater

3 blokkies hoenderaftreksel

Kruie na smaak, geen sout nie. Die aftreksel en botter het genoeg.  Roosmaryn gee 'n baie lekker smaak.

 

So maak mens:

·         Braai die uie en roosmaryn in die botter tot sag (nie brand nie)

·         Los die blokkies op in die kookwater.  Gooi die water by die uie en voeg dan die 'butternut' by.

·         Laat so kook totdat die 'butternut' sag is.  Gooi nou die maaskaas by.  Alles moet nou saam versap word.

·         As dit te dik lyk, gooi net nog so bietjie kookwater by.   Draai hitte af tot laag, moet nie laat kook nie, hou net warm.  Presto!!!!!!, Reg om te eet!!!

 

<<<Terug na begin>>>

Butternut Sop II

30 ml olie                                                     2 uie gekap

5 ml gemmer                                                15 ml kerriepoeier

1.2 kg "butternut" gekap                              1 liter hoenderaftreksel

1 appel geskil en gerasper                            sout en peper

250 ml room

 

·         Meng gemmer en kerriepoeier en gooi oor uie. Braai in olie.  Voeg "butternut" by en kook vir vyf minute.

·         Giet hoenderaftreksel oor, roer appel in en geur.  Kook tot die groente sag is. Laat effens afkoel, versap en herverhit weer vir vyf minute.

·         Bedien met room en 'croutons'.

 

<<<Terug na begin>>>

Calamari en Mosselsslaai

Michele

 

300 g calamari in ringe gesny                       1 blik mossels in skulpe

4 grasuie, gekap                                           30 ml droë wit wyn

60 ml olyfolie                                                15 ml gekapte pietersielie

30 ml botter                                                 15 ml sojasous

1 suurlemoen (skil gerasper, sap uitgedruk)

20 ml sesamsaad                                          1 ml suiker

 

·          Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir ongeveer 2 minute lank. Wees versigtig om nie te lank te braai nie anders word dit taai.  Plaas mossels in kokende water totdat die skulpe oopgaan. Dreineer. 

·          Giet suurlemoensap en skil bo-oor calamari en mossels in mengbak en meng om te bedek.  Laat afkoel.  Meng oorblywende bestanddele en giet bo-oor calamari en mossels en marineer ten minste vir 2 ure lank. 

·          Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

 

<<<Terug na begin>>>

Chicken A La King Kors

125 ml melk                                                 125 ml olie

100g koekmeel                                             10 ml bakpoeier

1 eiers en sout

 

·           Klits melk, olie en eier – sif meel/bakpoeier en sout saam – voeg meelmengsel by melk – meng tot gladde deeg. Skep met lepel oor vulsel. Bak 20 min.

 

<<<Terug na begin>>>

Chips-Kaaskoekies

1 pak fyngemaakte kaas-en-uie chips           1 koppie koekmeel

2 koppies fyngerasperde cheddarkaas          125gm gesmelte botter

 

·          Meng alles tesame en druk in bolletjies.  Bak in oond vir 15 min by 200°C tot goudbruin.  Bêre in lugdigte houer.

 

<<<Terug na begin>>>

Dadelkluitjies

(Ouma Tillie)

 

Stroop
500 ml suiker                                               1 liter water

30 ml (2 eetlepels botter)                             30 ml (2 eetlepels goue stroop)

2 ml (halwe teelepel) sout

 

Kluitjies
500 ml koekmeelblom                                   15 ml (1 eetlepel) koeksoda

2 ml (halwe teelepel) fyn kaneel                   30 ml (2 eetlepels) botter

125 ml (halwe koppie) fyn gesnipperde dadels

250 ml (1 koppie) melk

 

·           Meng al die bestanddele vir die stroop saam in 'n stoompot.  Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.  Kook dan vyf minute lank.

·           Meng koekmeelblom, koeksoda en kaneel saam.  Vryf botter in en voeg die dadels by.  Meng goed deur.  Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.

·           Laat stroop weer kook en skep lepels van die kluitjiemengsel in die kokende stroop. Verlaag hitte (dit moet baie stadig prut anders kook dit oor) en prut 20 minute lank. Moenie die deksel oplig nie. Dien op saam met vla, room or roomys.

·           Genoeg vir 6-8 mense.

 

<<<Terug na begin>>>

Die Alleen-Ontbyt

Deur Lynette

 

·         Roerbraai gekapte kropslaai met ’n klein bietjie botter.

·         Meng met feta-kaas en skep op (ongesmeerde!) geroosterde rogbrood. 

·         Bedek met roereiers,   Garneer met gekapte pietersielie.

 

<<<Terug na begin>>>

Dik Groentesop

(1 groot Kastrol)

 

½ kg 'Lean' Maalvleis                                    ½ kg 'Chuck' - blokkies gesny

¾ Pakkie of Boksie 4 in 1 sopmengsel           1 koppie fyn gesnyde seldery

½ koppie fyn gesnyde pietersielie                 1 groot gerasperde ui

2 groot gerasperde aartappels                      1 groot gerasperde tamatie

1 kg gerasperde wortels                               sout en peper na smaak

1 Blikkie boontjies in tamatiesous 'Baked beans' (Om te verdik)

1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 koppie water (Om te verdik)

 

·         Kook 'chuck', maalvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en wortels totdat die vleis sag gekook is. Die vleis kan vooraf ook sag gekook word vir 'n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook. (Sowat 'n uur tot 'n uur en half)

·         Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop.

·         'Mash' die 'baked beans' fyn en gooi by die res van die sop en ook die soppoeier wat aangemaak is met 1 koppie water. Kook vir nog so 20 minute totdat alles deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak.

·         Die sop vries ook baie lekker en dit smaak altyd baie lekkerder as dit gevries was - weet nie hoekom nie.

 

<<<Terug na begin>>>

Droëwors Sonder Derms

Jan skryf - Dit kom glo uit Annette Human se Wenresepte)

 

13,5kg bees, sny in stukke                           190-200g (165-180ml) sout

15ml peper                                                   5ml foelie

5ml neutmuskaat                                         30g (90ml) koljander

1,5kg skaapstertvet                                      500ml asyn

125ml worcestersous

 

·         Meng sout, peper, foelie, neutmuskaat en koljander met vleis.  Sny skaapstertvet in stukke.  Maal vleis en vet saam.  Meng asyn en worcestersous liggies by.

·         Skep vleis in worsstopper.  Hou draadrakke onder die tuit en draai wors egalig daarop uit.   Laat wors op rakke droog word en draai af en toe versigtig om.

 

<<<Terug na begin>>>

Egte Duitse "Curry Wurst"

Van Deon Uit Holland - Ek weet nie of julle dit in Suid-Afrika ken nie, maar hy is baie lekker en smaak presies soos hulle hom in Duitsland maak. Die resep kom van my vriend Alex.


8 Bock Wors (of braaiwors wat jy vir 'hotdogs' gebruik)

2 uie, fyn                                                     1 e tamatiepuree

2 e olyfolie                                                   250 g tamatiesous

3 e balsamiese asyn                                     2 e heuning

1/2 e sojasous                                              1 t chilipoeier

2 e kerriepoeier

 

·         Braai die wors in olyfolie.  Haal die wors uit die pan en braai uie tot sag.

·         Voeg nou die tamatiepuree by en blus af met 'n bietjie water.  Voeg nou die tamatiesous, heuning en asyn daarby en laat dit 'n bietjie deurkook.

·         Bring sous op smaak met sojasous, chilipoeier en die kerriepoeier.  As die sous te dik word maak jy dit met water dunner.

·         Sny die wors in stukkies, so twee worsies per persoon, en laat dit 'n paar minute met sous kook.  By die opdien strooi jy nog droë kerriepoeier daaroor.

·         Dit smaak lekker met aartappelskyfies

 

<<<Terug na begin>>>

Ertjieslaai

·         Breek blaarslaai in fyn stukkies en plaas in 'n bak.

·         Voeg nou grasuie en seldery (fyn gekap) in 'n dun lagie oor die blaarslaai.

·         Die smaak is prominent moet dus nie te veel gebruik nie!

·         Gooi nou 'n pakkie gevriesde Young & Tender ertjies oor. (Sommer 'n dik laag)

·         Skep 'n dik laag Miracle Whip bo-oor.

·         Maak versigtig met Glad Wrap toe en plaas in yskas totdat die ertjies ontdooi het.

·         Sit voor en geniet.

 

<<<Terug na begin>>>

Fillet

Patrys

 

·         Sny fillet dik skywe en smeer met knoffel. Doop in meel, eier en daarna in broodkrummels gemeng met parmesaankaas.

·         Braai in olie tot goudbruin. Plaas in oondskottel en berei sous:-

·         Uie, tamatiepuree, sout, peper, suiker, blatjang, worcestersous en knoffel. Bring tot kookpunt. Prut tot dik. Voeg sampioene by. Gooi bo-oor vleis. Sny ‘n skyf sterk cheddarkaas bo-op elke stuk vleis.

·         Bak ± 20 min 180° - 200°C.

 

<<<Terug na begin>>>

Franse Slaaisous Skaapboud

Wanda - Met erkenning aan Adré en Wessel in Ierland

 

Hierdie is die maklikste en lekkerste resep, en die meeste mense glo my nie totdat hulle dit self geproe het!!

 

1 skaapboud (enige grootte)

1 botteltjie slaaisous (enige soort, alhoewel Franse slaaisous baie lekker werk)

 

·          Plaas skaapboud in pot, gooi slaaisous oor, sit in die oond (of oor die vuur as jy 'n swart pot gebruik) GEEN ekstra sout of peper of speserye nodig nie. Sappig en heerlik as hy gaar is!!

 

<<<Terug na begin>>>

Frikkadelle

[Emily]

 

Ongeveer 1 kg Maalvleis                 10 ml Marokkaanse Speserye *(sien onder)

1 gerasperde wortel                         2 gerasperde aartappels

1 gerasperde ui                               2 gerasperde tamaties

1 koppie broodkrummels                  5 ml Herbs and Garlic kruie (Robertson)

10 ml Sweet Chilli sauce (Wellington)

5 ml Roosmaryn en Olyf Speserye (Ina Paardman)

 

·           Verhit oond tot 160°C.  Kan in die oond of op die stoof (medium hitte - 4) gebak word (verkieslik eerste 20 min met ‘n deksel en dan die laaste 10 min sonder deksel).

·           Gooi kookolie in oondpan (of pan op stoof).

·           Meng maalvleis tesame met al die ander bestanddele en maak bolletjies. 

·           Bak tot gaar.  Kan gevries word voordat dit gebak word of na gebak en dan later ontdooi word vir ete.

 

<<<Terug na begin>>>

Marokkaanse Speserye

15 ml Paprika                  5 ml fyn koljander

5 ml fyn komyn               5 ml rissiepoeier

5 ml fyn gemmer            2 ml kaneel

Meng tesame en bêre in spesery botteltjie.

 

<<<Terug na begin>>>

Gebakte Sjokolade Poeding

460 ml (220 g) bruismeel                             390 ml (155 g) kakao

260 ml (220 g) strooisuiker                          100 g donkersjokolade (grofgekap)

175 ml melk                                                 1 groot eier

40 g gesmelte botter                                    5 ml vanillageursel

220 ml (175 g) ligte bruinsuiker                   500 ml kookwater

 

·          Verhit oond tot 180°C en smeer 'n 2 lt, 5 cm diep oondvaste bak met botter.

·          Sif bruismeel en 60 ml van die kakao saam.  Roer strooisuiker by en dan die sjokolade.

·          Klits eier, melk, geursel en botter saam en voeg by die droëbestanddele – meng goed. Skep in voorbereide bak.

·          Sif res van kakao en meng met bruinsuikeren strooi oor die poeding.

·          Gooi nou (regtigwaar) die kookwater versigtig bo-oor.

·          Bak vir 1 uur en moenie oonddeur oopmaak voor 50 minute verby is nie.

·          Bedien met 'n blob vanillaroomys.

 

<<<Terug na begin>>>

Gebakte Soetpatats

[Lydia van Aswegen]

 

6 Koppies fyn gaar patats                             4 eiers

2 koppies suiker                                           1 koppie botter

1 koppie melk                                               1 teelepel vanielje geursel

 

·          Meng alles saam en skep in 'n oondbak.  Bak vir 30 min by 180°

 

Bolaag

1 koppie bruinsuiker                                     ¼ koppie meel

1 koppie botter                                             1 koppie pekanneute - fyn gekap

·           

·          Smelt botter, meng alles, moenie kook nie

·          Haal patats uit die oond en skep topping oor.  Bak 'n verdere 10minute by 180°C

·          Bedien 20 persone

 

<<<Terug na begin>>>

Gebakte Vla (Créme Brulé)

[Emily]

 

3 koppies (750 ml) melk                               4 eiers

1/3 koppie (80 ml) suiker                             1 teel (5 ml) vanilla

1/4 teel (1 ml) kaneel                                   Knippie sout

Neutmuskaat of kaneelsuiker

 

·           Meng al die bestanddele behalwe neutmuskaat in ‘n mengbak en roer net tot gemeng.  [Te lang of vinninge klitsery sal lugborrels vorm in die vla wat voorkom moet word]. 

·           Gooi die mengsel in ‘n oondbak / individuele oondkoppies en sprinkel met die neutmuskaat/kaneelsuiker. 

·           Bak in ‘n voorverhitte oond by 160°C vir ongeveer een uur of tot ‘n mes skoon uit die vla kom.  Bedien verkoel of by kamer temperatuur.  Bedien 6 persone.

 

<<<Terug na begin>>>

Gebakte Vla met Heuningstroop

Vla

500 ml room                                                 100 ml melk

40 ml heuning                                              2 groot eiers

3 groot eiergele

 

Heuningstroop

75 ml heuning                                              45 ml  koue water

 

Maak vla

·          Voorverhit die oond by 180°C.

·          Verhit room, melk en heuning tot onder kookpunt.  Verwyder van hitte en laat effens afkoel.

·          Klits eiers en eiergele saam en klits bietjie-bietjie by roommengsel en klits goed deur.

·          Gooi die vla deur 'n siffie in 6 oondvas-bakkies.

·          Plaas bakkies in bak met half watergevul en bedek ligweg met foelie.  Bak ongeveer 30-40 min.  Die vla is reg as dit net-net gestol is in die middel.

·          Verwyder uit oond en laat afkoel. Verkoel in yskas ongeveer 3 ure voor bediening.

 

Heuningstroop

·          Verhit heuning in kastrolletjie en laat kook tot dit karameliseer.  (Pasop vir brand) – hou hitte van plaat laag en beheerbaar.

·          Haal van stoof af sodra heuning 'n donker karamel-kleur het en gooi dan die water by – wees versigtig, dit spat.  Roer goed deur en laat afkoel by kamer temperatuur.

 

Om voor te sit

·          Haal vla uit yskas en gooi heuningstroop bo-oor.

 

<<<Terug na begin>>>

Gebraaide Hamkoekies

(Hierdie reseppie is ‘n heerlike voorgereggie – probeer gerus.)

 

500 ml gemaalde ham                                  100 ml meel

vars gemaalde swartpeper                            30 ml pietersielie, gekap

30 ml mosterd                                              15 ml botter

1 eier, geklits                                               15 ml suurlemoensap

‘n bietjie neutmuskaat, gerasper                   30 ml olie

1 pynappel, in ringe gesny

 

·           Meng al die bestanddele behalwe die botter, olie en pynappel.
Verhit die botter en olie, skep lepels vol deeg in die pan en braai alkant bruin.

·           Skep uit en dreineer op handdoekpapier.

·           Braai die pynappelringe in die pan bruin.

·           Skep ‘n koekie op elke pynappelring en bedien.

 

<<<Terug na begin>>>

Gedroogte Perske Slaai

(Ismé Dalton)

 

1 koppie droë perskes                                   1 klein blikkie pynappekstukke

Agurkies na smaak                                       125 ml asyn

3/4 koppie suiker                                          1 teelepel kerrie

1 desert lepel maizena

Wit uitjies (ingelegde wit uie (nie cocktail nie) en dan sommer die asyn)

 

·           Kook droë perskes in 2 koppies water tot sag.  Gooi pynappelstukke met sous by.

·           Voeg agurkies en uitjies by en kook saam tot sous minder word.  Voeg asyn en suiker by en kook vir ongeveer 5 minute.  Meng kerrie en maizena met bietjiie water en roer by.  Laat goed deurkook, laat afkoel en bedien. Die slaai vries ook baie goed.

 

<<<Terug na begin>>>

Gefrituurde Visjes met Knoflooksaus

Ons ouens in sonnige Suid-Afrika kan mos darem nie net Ingels verstaan en praat nie, ons kan Hollands ook verstaan - van die praat is ek nie so seker nie.

(4 personen; voorgerecht) 

 

Ingrediënten 
900 gr. verse ansjovis                                  120 gr. Bloem

4-6 eetlepels koud water                              4 tenen knoflook

4 sneden brood zonder korst geweekt in water

2 eetlepels citroensap                                   4-5 eetlepels olijfolie

peper en zout                                               vers gehakte peterselie

 

Bereidingswijze

·          Maak van de bloem en het water een beslag en voeg het snufje zout toe.

·          Knijp het brood uit en doe dit met knoflook en citroensap in een keukenmachine.

·          Mix het geheel op lage stand en voeg in een straaltje olie bij.

·          Als het geheel te dik en droog wordt, wat water toevoegen.

·          Breng de saus op smaak met peper en zout.  Meng de peterselie erdoor.

·          Verhit nu het frituurvet en bak de door het beslag gehaalde visjes goudbruin in porties.   Meteen serveren met wat saus en een schijf citroen.

 

<<<Terug na begin>>>

Geroosterde Botterskorsie-en-Feta Risotto

(Bedien 4)

 

500 gm botterskorsie in 2 cm-blokke gesny  4 knoffelhuisies met skil

15 ml olyf- of avocado-olie                           Sout en gemaalde swartpeper

 

Risotto:

1 groot prei, slegs witgedeelte fyngekap       15 ml botter

2 knoffelhuisies (gekneus)                           Fyngerasperde skil van 1 lemoen

Klein hand vol tiemieblare plus ekstra           250 ml aboriorys

½ koppie droë witwyn                                   3 ½ koppie hoenderaftreksel

2 ringe fetakaas gekrummel                         Handvol bronkorsblare

 

·           Verhit oond tot 200°C.

·           Sit die botterskorsie en knoffel in ‘n diep bakplaat, sprinkle olie oor en geur na smaak.  Bak vir 30 min in die oond tot die pampoen gaar is.

 

Risotto:

·           Smelt die botter in ‘n kastrol oor matige hitte en braai die prei vir 3 min tot sag.  Voeg die gekneusde knoffel en helfte van die lemoenskil en tiemie by en braai vir 1 min.  Geur na smaak. 

·           Meng die aboriorys deur tot elke korrel met van die botter bedek is.  Gooi die wyn by en laat wegkook.  Voeg dan ½ koppie aftreksel by en laat wegkook voor die volgende byvoeging.  Roer heeltyd. 

·           Voeg nog aftreksel by tot die rys sag buite en ietwat ferm aan die binnekant is.  Die proses neem sowat 15-20 min. 

·           Skil die geroosterde knoffel en meng met die botterskorsie en 1 ring gekrummelde feta-kaas.  Voeg by die aboriorys en meng deur.  Geur na smaak. 

·           Bedien met die res van die feta-kaas, lemoenskil, tiemie en bronkorsblare.

 

<<<Terug na begin>>>

Geroosterde Vark met Gebakte Appel

Maklik, lekker geroosterde vark met gebakte appels - resep genoeg vir 6 tot 8 porsies.

 

Sowat 1,3 kg gerolde varklies                       20 ml droë vinkel

4 knoffelhuisies, fyngedruk                          sowat 50 ml olyfolie

sap van 2 suurlemoene                                 sout en vars gemaalde swartpeper

6-8 Granny Smithappels, met pitte verwyder

 

Oond:

·         Voorverhit oond tot 180°C.

·         Plaas die gerolde varklies in 'n oondroosterpan.

·         Sny klein kepies bo in die velgedeelte van die varklies.  Gebruik 'n stamper en vysel en stamp die droë vinkel effens fyn.  Vryf die gerolde varklies met die vinkel en knoffel veral in die kepies.

·         Bedruip dit dan met die suurlemoensap en olyfolie.  Geur dit met sout en vars gemaalde swartpeper en plaas die pan in die voorverhitte oond. 

·         Los dit vir 2 ure in die oond.   Ná so 1 uur kan jy van die vleissap wat uitgekook het met ’n kwassie weer oor die vleis smeer. 

·         Ná so 2 ure, kan jy die appels om die vleis pak en bedruip met van die uitgekookde vleissap.  Rooster verder vir ongeveer nog 'n uur.

 

<<<Terug na begin>>>

Gestolde Piesangpoeding

(Die poeding stol stadig, maak liefs vorige aand)

 

750 ml water                                                200 ml suiker

3 groot piesangs, geskil                                5 ml suurlemoensap

80 g suurlemoenjellie                                   3 eiers, geskei

 

·         Verhit water en suiker tot  kookpunt.  Druk piesangs fyn en meng met suurlemoensap.  Roer by suikerwater, verhit en kook 1-2 minute.  Haal van stoof af en laat effens afkoel. 

·         Voeg jelliepoeier by en roer tot gesmelt.  Klits eiergele goed, voeg by en laat goed afkoel tot mengsel net-net dik raak. 

·         Klits eierwitte tot styf en vou in piesangmengsel in.  Gooi in poedingbak en laat stol in yskas.  Sit voor met roomys of vlasous.

 

<<<Terug na begin>>>

Gestoofde Hoender met Pasta

Hoenderporsies na gelang van hoeveelheid mense 

15 ml paprika                                               60 ml botter

250 ml hoenderaftreksel                               5 ml sout

1 ml peper                                                    250 ml room

100 ml fyngekapte pietersielie                      1 soetrissie in repies gesny

200 gr pasta gekook en gedreineer

 

·         Braai paprika effens in botter. Voeg hoender by en braai aan weerskante tot bruin.

·         Voeg aftreksel, sout en peper by. Sit deksel op en stowe tot vleis sag is. Voeg room, pietersielie en rissie by en stowe vir nog 10 minute.

·         Voeg pasta by, meng liggies deur en geur met sout indien nodig. Verhit tot goed warm en bedien met slaai.

 

<<<Terug na begin>>>

Griekse Ratatoulle

[Emily]

 

(6 porsies) teen kamertemperatuur

6 medium-groot geskilde aartappels, (dik skywe gesny)

2 groot groenrissies (gekleurdes lyk mooi in dik skywe gesny)

2 groot eiervrugte (dik stukke gesny)           1 groot ui (dik skywe gesny)

500 g tamatiepuree                                      100 ml olyfolie

6 vars tiemie-takkies                                    Sout en varsgemaalde swartpeper

250 g tamaties aan die rank [opsioneel]

 

·           Verhit oond teen 180°C

·           Sit al die groente in ‘n oondroosterbak en gooi tamatiepuree en olyfolie bo-oor

·           Sit heel tiemie-takkies bo-op en geur met sout en swartpeper

·           Maak bak toe met foelie en rooster vir 1 uur.  Haal uit en verwyder foelie en rooster vir nog ‘n halfuur

·           Plaas ranktamaties bo-op en rooster vir nog sowat 15 min tot tamaties bars

·           Kan warm of teen kamertemperatuur voorgesit word

 

<<<Terug na begin>>>

Groenbone met Wortels en Sampioene

[Emily]

 

500g groenboontjies (skoongemaak)            4 groot wortels, geskil en ringe gesny

1 geel of rooi soetrissie (groen)                    1 groot rooi ui (of wit ui)

1 pakkie sampioene (grofgekerf)                  Olyfolie

3 eetlepels sesaamsaad                                ½ k vars room

 

·           Sny groenboontjies in 5cm stukke en kook in mikro vir 15 min tot sag.  Kook wortelringe ook in mikro vir 10 min tot sag.  Dreineer albei en sit eenkant.

·           Sny ui en soetrissie in langerige repe, voeg sampioene by en braai in olyfolie tot sag.  Voeg wortels en groenbone by en strooi sesaamsaad bo-oor.  Roer versigtig room deur, geur met sout en peper en laat op lou-warm plaat staan tot bedien word.

 

<<<Terug na begin>>>

Groentegereg

(Wonderlik!!!)

 

1 Botterskorsie (butternut)                           Murgpampoentjies (baby marrows)

250 g Knopie sampioene                               1 Pakkie wit uiesoppoeier

1 Bakkie room

 

·          Sny botterskorsie in blokkies en mikrogolf met 'n klein bietjie water vir ongeveer 10 minute.

·          Sny murgpampoentjies in ringetjies en mikrogolf met 'n klein bietjie water vir ongeveer 8 minute.  Sny sampioene in stukkies (soos jy self verkies) - moet NIE mikrogolf nie.

·          Gooi al drie groentes in 'n bak en strooi soppoeier en room bo-oor.  Bak vir ongeveer 20 minute by 180°C.

 

<<<Terug na begin>>>

Heavenly Delight

12 malvalekkers                                           ½ koppie gekapte neute

2 gerasperde appels                                     3 piesangs (fyn gesny)

3 eierwitte                                                    ½ pynappel (gekook)

1 blikkie grenadellamoes                              1 suurlemoen se sap

175 ml room

 

·         Plaas gerasperde appels en fyn gesnyde piesangs in ‘n bak en gooi die suurlemoensap oor.  Voeg pynappel en grenadellamoes by. 

·         Voeg gesnipperde malvalekkers en neute by die vrugte.  Klop die room en voeg dit by die mengsel. 

·         Vou die styfgeklopte eierwitte in die mengsel en plaas in die yskas om koud te word.

 

<<<Terug na begin>>>

Hoender en Broccoli-Pastei

·         Verhit oond tot 180°C.  Smeer diep tertbord van 25 cm of vlak van 28cm met botter of besproei.

 

Hoender en Broccoli-vulsel

200g hoenderborsiefilette                             100 ml hoenderaftreksel

200 g broccolipunte

 

·         Meng hoender met aftreksel en kook sag vir ongeveer 15-20 min. minute – laat afkoel

·         Broccolipunte (net-net gaargekook in bietjie water) – laat afkoel

 

Kors

250 ml Koekmeel                                          1 ml sout

2 ml bakpoeier                                              80 ml harde botter (saggemaak)

1 eier                                                           Paar druppels water indien nodig

80 ml gerasperde cheddarkaas

 

·         Gooi al die bestanddele bymekaar en meng tot sagte deeg.

·         Druk met vingers in tertbak teen die bodem en kante.

·         Strooi gerasperde kaas bo-oor.

·         Bêre in yskas tot vulsel gereed is.

 

Eiermengsel wat bo-oor gegooi word

200 ml warm melk                                        250 ml room

6 eiers                                                          20 ml mayonnaise

2 ml kerriepoeier                                           30-50 ml gekapte sprietuie

Sout en swartpeper                                       2 ml gemengde droë kruie

Knippie gerasperde neutmuskaat

 

·         Skep gaar hoender op voorbereide kors.  Strooi broccoli liggies oor.

·         Meng warm melk met room en voeg dan die res van die bestanddele by.

·         Gooi oor vulsel maar net tot ongeveer 5mm van bo-rand af.

·         Strooi 100 ml gerasperde kaas bo-oor.

·         Sprinkel bietjie paparika en rooipeper bo-oor.

·         Bak vir 40 min tot lig goudbruin of ferm.

·         Bedien dadelik of laat afkoel, bedek en bêre in yskas.  Verhit dan vir 10-15 min by 180°C.

 

<<<Terug na begin>>>

Hoender Gereg 

Ingestuur deur Gerbrecht


1  Hoender                                                   3 blikke 'Sweetcorn'
300 ml Mayonnaise                                      2 pakke Kaas en Uie skyfies

1 pakkie Sampioensoppoeier                         1½ kop Melk

 

·         Kook hoender met sout, peper en naeltjies.  Laat afkoel en ontbeen.  Sny in happie-groottes.  Smeer bak liggies.

·         Sit laag 'sweetcorn' onder in bak.  Sit dan ‘n laag hoender bo-op sweetcorn.  Plaas ‘n paar lepels-vol mayonnaise bo-op hoender en versprei liggies.  Krummel skyfies oor.  Herhaal die lae weer.

·         Kook soppoeier met melk en gooi oor hoender.  Krummel laaste weer ‘n laag skyfies oor.

·         Bak 20 minute by 180°C/350°F.

 

<<<Terug na begin>>>

Hoender Lewer Peri-Peri

2 x 250g hoenderlewers, gewas en skoongemaak

3 middelslag uie, in ringe gesny

Vars gemaalde seesout, vars gemaalde swart peper, gedroogde knoffel vlokkies

Knorr peri-peri                                              1/2 koppie sonneblomolie

2 eetlepels bisto                                           300-350 ml water

1/2 koppie perskeblatjang

 

·           Gooi die olie en so 1/2 koppie peri-peri in 'n braaipan en soteer die uie daarin. Geur intussen die hoenderlewers met sout, peper en knoffel. Sodra die uie deurskynend begin raak voeg jy die hoenderlewers by en roerbraai tot gaar.

·           Maak die bisto aan met die water en voeg, blatjang by. Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat prut oor lae hitte vir ongeveer 7 minute of totdat die sous lekker dik is.

·           Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n voorgereg, of saam met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg.

 

<<<Terug na begin>>>

Hoender met Inbors

Kobus het hierdie ingestuur - Innes Benadé se resep

 

125 g swoerdlose spekvleis gesnipper

3 groot uie, in ¼ gesny, en weer gehalveer

2 groen soetrissies, in ¼ gesny, en weer gehalveer

200 g vars groen aspersies, in 3 cm stukkies gesny

125 g knopiesampioene, in skyfies gesny     6 hoenderbors filette, in repies gesny

½ kop broccoli, in blommetjies gebreek         60 ml olyfolie

1 blik aspersieroomsop                                  250 ml droë wit wyn

125 ml hoenderaftreksel                               250 ml room

sout en peper na smaak                                vars roosmaryn na smaak

 

·          Braai spek oor lae hitte in swaarboomkastrol, voeg uie en soetrissies by, sorteer tot sag en glansend.  Roer bietjie olyfolie by indien nodig. Skep uit met gaatjieslepel.

·          Verhit orige olyfolie in kastrol en braai hoender vinnig tot ligbruin.

·          Roer spek, uie, soetrissies terug in kastrol en voeg broccoli, aspersies, sampioene, aspersieroomsop, wyn en aftreksel by.  Geur na smaak. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op.  Laat prut oor lae hitte tot groente net sag is.

·          Roer room by, geur na smaak en sit voor saam met rys of vars 'baguettes'.

 

<<<Terug na begin>>>

Hoender met Perskes en Heuning

8 Hoenderboudjies of dye                             250 ml Blatjang

50 ml Heuning                                              50 ml Mayonnaise

10 ml Kerriepoeier                                        5 ml Sout

1 Blik Perskeskywe (410 g)

 

·         Voorverhit die oond tot 180ºC.  Plaas die hoenderstukke in 'n oondkastrol met 'n deksel.

·         Meng die blatjang, heuning, mayonnaise, kerriepoeier en sout.  Gooi dit oor die hoenderstukke, sit die deksel op en bak dit 90 minute. 

·         Haal die deksel af, skep die olie wat bo-op dryf af en plaas die perskeskywe tussen die hoenderstukke en bak dit nog 30 minute (sonder deksel).

·         Sit dit voor met mengelslaai en rys.

 

<<<Terug na begin>>>

Hoender Pastei

Van Tokkie ontvang

 

1 groot hoender                                           2 pakkies sampioene

1 pak gesnipperde spek                                2 koppies bruin rys

1 bottel mayonaisse                                      1 groot pak "chutney chips"

1 teelepel hoenderspeserye                          1 teelepel paprika

1 groot ui                                                     sout en peper na smaak

 

·         Braai ui in bietjie olie tot sag.  Sny hoender in stukke en braai saam met uie. Voeg speserye, sout en peper by. Kook hoender tot sag. Verwyder al die bene en maak fyn.

·         Kook rys solank eenkant tot gaar.

·         Braai spek en sampione tot gaar.  Druk "chips" fyn.

·         Gooi nou alles by die hoender asook die "chips" en  mayonaisse. Roer goed deur.

·         Gooi in gesmeerde bakskottel.  Stel oond op 180 grade C.

·         Rasper genoeg kaas bo-oor  pastei.  Plaas in oond totdat die kaas gesmelt is.

·         Bedien saam met broodrolletjies en 'n mengelslaai

 

<<<Terug na begin>>>

Hoender Stroganoff

Van Deon uit Holland


4 halwe hoenderborsies                                50 gr botter en 1 eetlepel olie

1/2 rooi soetrissie in stukkies                       50 gr gerookte spek in stukkies

1 klein ui gekap                                            125 gr sampioene in skywe

1 knoffelhuisie gesnipperd                            klein blikkie tamatiepasta

2 teelepels paprikapoeier                              1 glasie vodka

2 dl room of koksroom (o.i.d.)                       Peper en sout

Rooipeper

 

·         Sny die hoenderborsies in nie te klein stukke.  Doen die botter en die olie in die pan en braai die hoenderborsies rondom bruin. Neem die vleis uit die pan en hou dit warm.

·         Bak die spek in die oorblywende vet ligbruin.  Voeg die ui, sampioene, soetrissie en knoffel by en laat meebakken. 

·         Voeg tamatiepasta, paprika, vodka en room toe.  Laat dit op 'n laag vuur inkook tot 'n dun sous, geur met peper en sout en rooipeper. 

·         Voeg die stukkies hoenderborsies toe en laat dit saam op temperatuur kom.

 

<<<Terug na begin>>>

Hoenderslaai met Mango en Gemmer Mayonnaise

Van Mariska:

 

6 hoenderborsie filette                                  250 ml wit wyn

250 ml hoenderaftreksel                               2 ml swart peperkorrels

3 lourierblare                                                bossie gemengde kruie

2 selderystingels, gekap                               45 ml pietersielie, gekap

3 groot mango's, geskil en gesny

 

Gemmer mayonnaise

200 ml mayonnaise                                      200 ml suurroom

1 suurlemoenskil, gerasper                           30 ml suurlemoensap

10 ml heuning                                              sout en peper na smaak

1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper

 

·          Meng alle mayonnaisebestanddele saam, geur en verkoel.

·          Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met  kruie, peperkorrels en lourierblare.  Sodra gaar, sny in stukkies.

·          Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mangoskyfies. Meng met gemmermayonnaise.

 

<<<Terug na begin>>>

Ingemaakte Beet

Elizabeth - heerlik en beproef

 

·          Kook beet gaar en trek die skille af.

 

Kook saam:

3 koppies asyn                                             2 koppies suiker

12 teelepels kaneel                                       2 koppies water

14 teelepels gemmer                                    1 eetlepel sout

14 teelepel naeltjies

 

·          Gooi beet in stroop en kook so 5 minute saam.  Bottel WARM.

 

<<<Terug na begin>>>

Italiaanse Kaaskoek

1 1/2 pakke vingerbeskuitjies                       375ml sterk, swart afgekoelde koffie

5 eiergele                                                     200ml strooisuiker

75 ml brandewyn of rum                               3 x 250g gladde roomkaas

1 groot sjokolade slabs (gewoon)                 250 ml vars room

1 klein bottel marachino kersies (ingelê in stroop)

 

·           Pak die vingerbeskuitjies op die bodem van ‘n bak van 24x24cm.  Giet die koffie bo-oor. 

·           Klits die eiergele en strooisuiker saam tot lig en dik.  Voeg die brandewyn of rum by en meng.   Meng die maaskaas met die eiermengsel en skep uit op die vingerbeskuitjies.  Verkoel.    Versier met sjokolade blare en krulle. Bedien 10 mense

 

<<<Terug na begin>>>

Japtrap Boeliebief-Gereg

2 gekapte uie                                               1 blik boeliebief (300gm) fyngemaak

30 ml blatjang                                              30 ml mayonnaise

3 eiers                                                          125 ml melk

8 snye witbrood                                            1 koppie gerasperde kaas

 

·          Stel oond op 180°C.  Klits eiers en melk saam.  Meng al die ander bestanddele behalwe die brood saam.

·          Pak vier snye brood met korsies in gesmeerde oondbak.  Gooi helfte van eier-en-melk-mengsel bo-oor.  Smeer helfte van biefmengsel bo-oor.

·          Pak ander vier snye brood bo-op die biefmengsel en gooi die res van die eier-melk-mengsel bo-oor.  Strooi gerasperde kaas bo-oor.

·         Bak vir 30 minute of tot gestol by 180°C.  Bedien met mengelslaai

 

<<<Terug na begin>>>

Jogurttert

500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou)

1 blik kondensmelk                                       1 pak Tennis beskuitjies

Botter

 

·         Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.

·         Meng Jogurt en kondensmelk goed.

·         Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.

·         Sit in yskas vir ± 1½ uur.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaas Wiele

240 g (500 ml) koekmeel                             2 ml sout

250 g (315 ml) botter                                   85 ml yskoue sodawater

20 ml brandewyn                                          200 g (500 ml  cheddar-kaas gerasper

Paprika

 

·         Voorverhit die oond tot 200ºC. Smeer 'n bakplaat.

·         Sif die meel en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Meng die sodawater en brandewyn. Voeg by die meel mengsel en meng tot 'n gladde deeg. Plaas 30 minute lank in yskas om te rus.

·         Rol die deeg uit in 'n vierkant 3 mm dik. Sprinkel kaas oor. Rol die deeg op soos 'n rolkoek. Sny in 1 cm skyfies. Plaas op die voorbereide bakplaat. Bak 10-12 minute lank. Lewer 36 wiele.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaasbrood

Lewer een brood

 

500 g bruismeel                                           500 ml karringmelk

5 ml sout                                                      375 ml gerasperde cheddar

1 t gedroogde pietersielie                             5 ml mosterdpoeier

5 ml Aromat                                                  ½ pakkie dik wit uiesop

 

·         Meng al die bestanddele saam met een koppie kaas.  Gooi in 'n broodpan.

·         Strooi die res van die kaas bo-oor en bak in 'n voorverhitte oond van 190°C vir 45 minute.   Wag totdat die brood afgekoel het voordat hy uitgekeer word.

·         Hy moet heeltemal op kamertemperatuur wees voordat hy voorgesit word. Bedien saam met botter.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaas-en-Pasta Slaai met Kerriesous

500 g (1 pak) gaar klein skulpiepasta

 

Slaai:

Bietjie olie                                                    1 fyngekapte ui

5 fyngekapte selderystingels                        1 pakkie sampioene in skyfies gesny

1 rooi soetrissie in blokkies gesny                 3 fyngesnyde grasuie

15 ml (1 eet) varsgekapte pietersielie           1 ½ k Goudakaas in blokkies gesny

100g (1 pakkie) pekanneute grof gekap       1 ½ k Mozzarella kaas in blokkies gesny

 

Kerrie-slaaisous

397 g (1 blik) kondensmelk                          250 ml (1 k) mayonnaise

10 ml (2 teel) kerriepoeier                            15 ml (1 eet) witasyn

Knypie sous

 

Slaai:

·           Verhit olie en soteer ui tot sag.  Voeg seldery en sampioene by en soteer net vinnig.  Voeg soetrissie by en soteer nog 2 min. (groente hoef nie gaar te wees nie en mag nog bros wees).  Skep uit met gaaitjielepel.

·           Roer groente by pasta.  Voeg pietersielie en grasuie ook by.

·           Roer kase en neute by net voor bediening.

 

Sous:

·           Meng kondensmelk en mayonnaise.  Meng asyn, kerrie en sout en voeg by mayonnaise-mengsel.  Roer tot glad.

·           Hou slaai en sous apart tot voor opdiening en voeg dan alles tesame. Voeg kase en neute by en meng deur.  Bedien 6-8 porsies.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaasgevulde Rolletjies met Heuning

2 sirkels fetakaas, gekrummel                      200 g ricottakaas, gekrummel

125 ml amandels, gerooster en fyngekap     1 eiergeel

vars swartpeper                                            5 velle filodeeg

125 g gesmelte botter                                  heuning vir bediening

 

·          Verhit oond tot 180°C.

·          Meng feta, ricotta en amandels in bakkie en roer eiergeel en peper by.

·          Neem een filovel, verf met botter en sny dit in die lengte in 4 stroke. (Bedek res van filo met klam vadoek vir uitdroging)

·          Skep van die kaasvulsel op, vou kante in en rol op soos sigaar.  Herhaal tot al die vulsel gebruik is – ongeveer 20 rolletjies.

·          Pak op bakplaat en verf weer met gesmelte botter.

·          Bak ongeveer 20 min tot goudbruin.

·          Om voor te sit, drup heuning bo-oor en bedien warm.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaaskoek

(Magda Barnard)

 

Vulsel

1 x 500 ml ultramel room – styf geklits

 

Meng

2 x blikkies kondensmelk                              425 ml suurlemoensap

10 ml gelatien

 

·           Klits alles saam en laat bietjie staan om te set en voeg dan by die room en meng goed

 

Kors

1½ pakkie lemon creams – fyn gedruk  125 g margarine of botter

 

·           Kyk dat die krummels mooi klam is anders mors dit baie wanneer die koek gesny word.  Enige ander beskuitjies kan gebruik word

·           Gebruik ‘n 28 cm los boom pan wat gespuit is.  Trek die boom oor met gladwrap en spuit dit ‘n bietjie want dan is die bokant mooi glad.

·           Gooi die vulsel in en laat ‘n bietjie set.

·           Druk die beskuitjies bo-op vas en maak seker dit is mooi gelyk.

·           Laat oornag in die yskas.  Keer uit op ‘n koekbord en versier met styfgeklopte room en vrugte van eie keuse.

·           Appelkosies, aarbeie en kiwi vrug is mooi kleurvol.

·           Hoop jou kaaskoek is ‘n sukses.  Jy kan ook die bestanddele halveer vir ‘n kleiner koek na gelang van behoefte.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaaskoek Tipe Tert

Kors:

1 Pakkie Tennisbeskuitjies                            2 groot lepels margarien / botter

(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)

 

Vulsel:

1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)

1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)

1 houertjie (koppie) vars room

 

·         Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af, voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg.

·         Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so) in klein stukkies, en voeg by.

·         Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute - en dien op.

·         Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood - dien op met roomys

 

<<<Terug na begin>>>

Kaaskrakelinge

Kobus

 

250 ml gerasperde kaas                               5 ml koekmeel

3 ml tiemie of kruie                                       knippie rooipeper

 

Stel oond op 200°C.  Meng bestanddele.  Skep in hopies op bakplaat.  Druk effe plat.  Bak 8 min.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaasskons

(Drupbeslag)

 

1 k koekmeelblom                                         1 k gerasperde Cheddarkaas

1 k melk                                                       15 ml bakpoeier

paprika na smaak

 

·         Meng alles goed saam.  Skep lepelsvol in 'n gesmeerde kolwyntjiepan. (Dit is 'n slap beslag).  Bak dit 12 min lank by 180ºC.

 

<<<Terug na begin>>>

Kaasskons in die Snackwicher

[Maak 6 halwe snackwiches – of 6 groot muffins] (Emily Kruger)

 

Klits saam:

1/2 koppie Kookolie                                      2 eiers

1 1/2 koppie melk                                         2 koppie koekmeel

4 teel bakpoeier                                            Knippie sout

2 koppie gerasperde kaas                             2 eetlepel suiker (opsioneel)

 

Verhit snackwicher tot warm en voer uit met foelie.  Skep lepelsvol in bakkies, maak toe en bak tot goudkleurig (± 7 minute).  Bedien soos verkies.

Wenk:  Skep deeg in muffinpan en bak in voorverhitte oond van 180°C vir 20 min of tot gaar as getoets word

 

<<<Terug na begin>>>

Karamel 'Popcorn'

12 koppies klaar gespringde 'popcorn'

                                                                     
Stroop:
2 koppies wit suiker                                      knypie sout

1 teelepel karamelgeursel                             125 ml stroop

2 koppies water

 

·         Sprei die 'popcorn' eweredig op bakplaat met waspapier uitgelê.  Meng stroopbestanddele, bring tot kookpunt oor matige hitte totdat die suiker opgelos het. As daar suikerkristalle teen die kante vassit verf dit afmet 'n kwassie wat in koue water gedompel is.

·         Kook die stroop, roer effens, en los om te kook, moenie roer nie, hou dop vir oorkook.  As 'n bietjie stroop in yskoue water gegooi word, en maak drade wat styf en bros is, dan is dit reg.

·         Gooi die stroop eweredig oor die 'popcorn' en meng vinnig deur met 'n plat spaan, druk verspreid oor pan.  Laat effens afkoel voordat die 'popcorn' los van mekaar gebreek word. Laat dit heeltemal koud word, geniet !!

 

<<<Terug na begin>>>

Karringmelk Skons

Dit is werklik baie suksesvol!

 

500 g Bruismeel                                           190 g Botter

90-95 g Strooisuiker                                     2 Ekstra groot eiers

4½ eetlepels Karringmelk                             ½ teelepel Bakpoeier indien nodig

 

·          Meng die meel en botter tot dit soos broodkrummels voel. Voeg strooisuiker by en meng goed. Klop die karringmelk en eiers bymekaar en gooi by die meelmengsel. Knie die mengsel tot dit los raak van die bak. (Gooi 'n bietjie karringmelk by indien nodig).

·          Rol uit tot 'n dikte van ongeveer 25 mm ('n duim). Druk uit met 'n skondrukker. Plaas op bak/oondpan. Strooi 'n bietjie meel oor en smeer met 'n bietjie melk. Bak vir 12-15 min. teen 200°C.

 

<<<Terug na begin>>>

Kastrolpoeding

Beslag

½ koppie appelkooskonfyt                            2 teelepels koeksoda

½ koppie botter of margarine                        1½ koppie meelblom

 

Stroop

3 koppie water                                              3eetlepels asyn

2 eetlepels brandewyn                                  1¼ koppie suiker

½ teelepel kaneel                                         ½ teelepel gemmer

 

·         Meng appelkooskonfyt en botter tot slap gemeng. Voeg dan die meel en koeksoda by.

·         Meng al stroopbestanddele en kook vir 5 minute. Skep lepels vol van beslag in stroop.

·         Plaas deksel op kastrol. Kook stadig vir 15 minute. Bedien met vla gegeur met karamelgeursel.

 

<<<Terug na begin>>>

Kerrie Beskuitjies

Kobus

450 ml koekmeel                                          2 ml sout

1 ml rooipeper                                              5 ml bakpoeier

10-15 ml kerriepoeier                                   185 g botter/margarien

500 ml gerasperde kaas                               100-125ml yskoue water

ekstra fyn sout

 

·          Stel oond op 200°C.  Sif meel, sout, rooipeper, bakpoeier en kerriepoeier saam.

·          Vryf botter in.  Voeg kaas by, maak mengsel met yswater aan.

·          Rol deeg uit, strooi fyn sout.  Druk beskuitjies uit.

·          Plaas op bakplaat, 10 min in yskas.  Bak 10 - 15 min

 

<<<Terug na begin>>>

Kerrie Frikkadelle

2 snye bruinbrood                                        700 g maalvleis

1 fyngekapte ui                                            125 ml (½ k) fyngekapte pietersielie

1,25 ml (¼ t) fyn wonderpeper                     2,5 ml (½ t) fyn koljander

1,25 ml (¼ t) fyn kruinaeltjies                      6,25 ml (1¼ t) fyn neutmuskaat

7,5 ml (1½ t) sout                                        45 ml (3 E) wit asyn

125 ml (½ k) appelkoosblatjang

 

·         Week die brood in water, druk dit uit en meng dit met die maalvleis.  Gooi die fyngekapte ui en pietersielie by.  Geur met die wonderpeper, koljander, fyn kruinaeltjies, neutmuskaat en sout.  Voeg die asyn en appelkoosblatjang by en meng alles liggies met 'n vurk of die vingerpunte.

·         Rol frikkadelle tussen die handpalms, pak hulle in 'n oondskottel en maak die kerrie-uiesmoor.

 

Kerrie-uiesmoor

5 groot uie                                                   30 ml (2 E) kookolie vir braai

15 ml (1 E) kerriepoeier                                15 ml (1 E) borrie

15 ml (1 E) mielieblom                                  180 ml (¾ k) blatjang

250 ml (½ k) appelkooskonfyt

 

·         Sny die uie in groterige ringe. Braai dit in 'n bietjie kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt en voeg dit by die uie.  Laat dit goed deurkook en skep daarvan onder in 'n oondskottel.

·         Pak die frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor bo-oor.  Bak vir een uur teen 180º C.

 

<<<Terug na begin>>>

Kerrie Noedel Slaai

Roderick - Heerlik by enige maaltyd

 

1 pak noedels                                               1 green pepper

2 uie                                                            125ml olie

125ml asyn                                                  200ml suiker

250ml tamatiesous                                       25ml kerrie poeier (matig)

Swart peper en sout na smaak

 

·          Kook noedels.  Braai green pepper en uie saam.

·          Kook ander bestandele saam.

·          Meng alles saam - Dis 'n heerlike slaai!

 

<<<Terug na begin>>>

Kerrie Biefstuk

(Op kole gebraai)

 

Sny gekapte kruisskyf in porsies.  Sout en peper en lê oornag in sous.

 

Sous:

 Klits 1 eier en voeg by:

2 e Tamatiesous                                           2 e Worcestersous

2 e asyn                                                       2 t kerriepoeier

1 e kookolie                                                  2 e blatjang

1 gerasperde ui                                            3 huisies knoffel gekap

 

Braai vleis in rooster op kole.

 

<<<Terug na begin>>>

Kerrie Boneslaai

Van Mariska:

 

350 ml gaar bruin of gespikkelde bone         1 medium tamatie, in blokkies gesny

1 medium ui, gekap                                      50 ml rosyne

5 ml kerriepoeier                                           3 ml sout

3 selderystingels, in stukkies gesny              knippie peper

Franse slaaisous                                           slaaiblare om bak mee uit te voer

 

·          Meng al die bestanddele liggies.  Voer ‘n slaaibak uit met die slaaiblare en skep die slaaimengsel daarin.  Verkoel die slaai voor opdiening.

Variasies:

·          Vervang die tamatie met ½ pynappel wat in blokkies gesny is.

·          Vervang die seldery met ‘n klein groen soetrissie wat in blokkies gesny is.

 

<<<Terug na begin>>>

Klam Sjokoladekoek met Sjokolade-Suurroom Versiersel

250 ml kookwater                                         180 ml gesifte kakao

125 ml melk                                                 5 ml vanillageursel

500 ml koekmeel                                          7 ml koeksoda

2,5 ml sout                                                   250 ml botter

315 ml (250 g) sagte bruinsuiker                 180 ml (150 g) suiker

4 eiers

 

·          Verhit oond tot 180°C en smeer koekpanne.

·          Klits kookwater en kakao tot glad.  Klits melk en geursel by.

·          Sif koekmeel, koeksoda en sout in 'n ander mengbak.

·          Klits botter, bruinsuiker en suiker tot donsig en klits dan eiers by.  Klits tot deeglik gemeng. 

·          Voeg kakao en meel om die beurt by en klits baie goed na elke byvoeging - die beslag kan lyk of dit skif – dis reg).

·          Skep beslag in koekpan en bak vir sowat 1 uur tot gaar en uitgerys.  Laat in pan afkoel.

 

Sjokolade-Suurroom-Versiersel

300 g sjokolade (in blokkies gebreek)           250 ml suurroom

5 ml vanillageursel

·          Smelt sjokolade en suurroom saam en roer geursel by.

·          Laat effens afkoel voor die koek versier word.

 

<<<Terug na begin>>>

Klapper-Broodpoeding

Laura  -  'n Nagereg vir 12 mense.  Die resep kan met sukses gehalveer word. Niemand sal raai dis broodpoeding nie!

 

4 x 250 ml witbroodblokkies, korsies verwyder

1 liter melk                                                   500 ml (2 k) suiker

6 eiers                                                          60 ml (4 E) botter

500 ml (2K) klapper                                      1 E appelkooskonfyt

 

·          Week die broodblokkies in die melk ten minste 30 minute of langer.  Room die eiers, suiker en botter saam.  Voeg die res van die bestanddele by en meng deeglik.

·          Gooi in gesmeerde oondskottel.  Bak by 180 grade Celsius vir 1 uur of tot goudbruin en gestol.

 

<<<Terug na begin>>>

Knoffelbrood met Room 

1 kg Vetkoek deeg - deeg wat by "Spar/Checkers" te koop is.

500 (Vyf honderd) ml Ultramel room /enige ander volroom

Kaas - Soveel soos wat jy wil insit

Gebraaide spek (opsioneel)

Gekapte swart olywe (opsioneel)

Knoffel - Soveel soos wat jy wil insit

 

·           Maak die deeg in lang vorm (soos 'n brood),

·           Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.  Draai die deeg om met gesnyde kant na onder

·           Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees)

·           Gooi 375 ml room oor die deeg,  Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor

·           Vooraf verhit die oond tot 180 grade,  Bak ongeveer uur .

·           Gooi die laaste room oor  - 5 minute voor die brood uitgehaal word.

·           Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word.  Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder!

 

<<<Terug na begin>>>

Koffie-Poffertjies

Choux-deeg:

75 g botter                                                   175 ml water

230 ml koekmeel                                          knippie sout

3 eiers

 

·          Verhit oond tot 200°C en smeer bakplaat.

·          Verhit botter en water op stoof.  Sodra water en botter kook, verwyder van hitte.

·          Roer meel en sou by met houtlepel en klop totdat deeg 'n bol vorm en die kante van die kastrol wegtrek.

·          Voeg eiers een vir een by en klop glad na elke byvoeging.

·          Gebruik spuitsak of 2 lepels en skep hopies op bakplaat.  Bak tot goudbruin en gepof.

 

Koffievulsel:

90 ml (45 g) koekmeel                                 knippie sout

150 ml suiker                                               6 eiergele

500 ml melk                                                 15 ml kakao

30 ml kits-espresso koffiepoeier

 

·          Sif meel en sout. 

·          Klits eiergele en suiker saam tot dik en lig van kleur. Klits meel versigtig by eiermengsel.

·          Verhit melk tot kookpunt en laat afkoel tot louwarm.  Gooi melk by eiermengsel terwyl geklits word.

·          Gooi koffie en kakao by en gooi alles in kastrolletjie waarin melk verhit is.

·          Verhit mengsel by matige hitte tot kookpunt terwyl geroer word.

·          Sit kleefplastiek direk op mengsel (verhoed velletjie) en laat afkoel.

·          Skep in spuitsak en vul poffertjies. (Plastieksak met hoekie afgesny, kan ook gebruik word).

 

Karamel

250 ml (200 g) strooisuiker                          500 ml water

 

·          Verhit suiker en water in kastrol tot suiker opgelos is.  Prut tot amper diep karamelkleur.

·          Doop poffertjies vinnig in karamel en pak op bedieningsbord.

 

<<<Terug na begin>>>

Kookpoeding

5 koppies water                                            1 koppie suiker

1 desertlepel botter                                      ½ teelepel sout

1 teelepel vanieljegeursel

 

Kook alles saam.

 

Deeg:
5 eetlepels botter                                          4 eetlepels appelkooskonfyt

1 desertlepel koeksoda                                 2 koppies koekmeel

 

·         Smelt botter en appelkooskonfyt.  Voeg koeksoda by en roer tot skuim.  Roer net genoeg meel by om ‘n stywe deeg te vorm. 

·         Skep deeg in stroop.  Kook 20 minute lank.  Moenie deksel oplig nie.

 

<<<Terug na begin>>>

Kraaklekker Tunaslaai

Van Mariska:

 

500 ml koue, gaar rys                                   200 g gedreineerde, gevlokte tuna

250 ml gerasperde, wortels                           250 ml gekapte seldery

25 ml fyn gekapte ui                                    250 ml mayonnaise

37.5ml blatjang                                            5 ml kerriepoeier

10 ml suurlemoensap                                   sout en peper na smaak

 

·          Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook.

·          Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies.  Bedien dit koud, met broodrolletjies.

 

<<<Terug na begin>>>

Lagie Poeding

1 pakkie tenniskoekies (fyngemaak)             1/2 k bruinsuuiker

1/2 k klapper                                                1/2 k gesmelte margarien/botter

Meng alles saam

1 blik kondensmelk

Roer 1/2 k suurlemoensap by

1 koppie vars room

 

·           Klop 1 k room en vou liggies by suurlemoen en kondensmelkmengsel (moenie nou al eet nie…..)

·           Wissel lagies koekies en kondensmelk af in 'n groot bak of individuele bakkies/glasies.  Begin met krummels en eindig met kondensmelk.

·           Rond af met 'n kersie of gekrummelde flake.  Verkoel goed (die moeilikste deel) voordat jy dit bedien.

 

<<<Terug na begin>>>

Lensie-en-Rysslaai

Van Mariska:

 

200 g lensies                                                200 g ongepoleerde rys

1 middelslag ui, geskil en fyngekap              1 knoffelhuisie gekneus 

200 ml fyngekapte pietersielie                      sout en peper na smaak

175 ml lae-vet slaai-olie                               75 ml asyn of suurlemoensap

 

·          Gooi lensies en rys saam in 'n bak en bedek dit met koue water.  Laat dit sowat 2 uur week.  Spoel in 'n sif onder lopende water af en plaas in 'n kastrol.  Voeg koue water en sout na smaak by en kook dit sowat 20 minute tot sag maar nie pap nie. 

·          Dreineer in 'n vergiettes.  Gooi in slaaibak.  Voeg uie, knoffel, pietersielie sout en peper by en meng. Meng slaai-olie en asyn of suurlemoensap en gooi oor.

 

<<<Terug na begin>>>

Maalvleispotjie uit die Boonste Rakke

'n Diep no. 3-platboompot word aanbeveel.


20 ml kookolie                                              300 g gemaalde beesvleis

200 g gemaalde varkvleis                             2 uie, gekap

1 groen soetrissie, ontpit en gekap               250 ml rou rys

10 ml matige kerriepoeier                             3ml borrie

1 pypkaneelstokkie                                       1 lourierblaar

3 ryp tamaties, geskil en gekap                    200 g vars groenboontjies, gekerf

250 ml bevrore wortelblokkies                       50 ml vrugteblatjang

sout en vars gemaalde peper                        375 ml hoenderaftreksel

 

·         Verhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat dit van kleur verander.  Skep dit uit en hou eenkant. 

·         Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die uie deurskynend is.   Voeg die rys, kerriepoeier, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai 2-3 minute.

·         Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die tamaties en groenboontjies in lae bo-op.  Strooi die wortelblokkies bo-oor die groenboontjies en geur met sout en peper.

·         Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die potjiekos. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou.   Sit die deksel op en prut 30-45 minute.

 

<<<Terug na begin>>>

Maalvleisrol

(Met erkenning aan Tjailatyd)

 

1 groot ui, gekap                                          4 eetlepels olie

1 groot knoffelhuisie, opgekap (of 1 eetlepel fyn rou winkelknoffel)

1kg maer beesmaalvleis                                2 eetlepels vars pietersielie

2 eiers, lig geklits                                         sout na smaak

2 snye bruinbrood, korsies afgesny en die res in klein blokkies gesny

Kruie                                                            150g Cheddarkaas, gerasper

 

·         Verhit die oond tot 180 grade Celsius.  Braai die uie tot net gaar in 'n bietjie olie.

·         Gooi die knoffel by en braai verder vir een minuut.  Hou eenkant.

·         Meng al die droë bestanddele saam.  Meng dit met die maalvleis en die eiers.

·         Druk die maalvleis uit op 'n stuk kleefplastiek tot 1cm dikte.  Smeer 'n lagie van die uie en knoffel oor die uitgerolde maalvleis.  Sprinkel die kaas oor.

·         Rol die maalvleis versigtig op en verwyder die kleefplastiek.

·         Plaas die vleisrol in 'n oondskottel.  Bak vir 45 minute tot die kaas begin uitloop aan die kante.  Bedien met 'n sous van jou keuse, pasta en groente.

 

<<<Terug na begin>>>

Macaroni

Ingestuur deur Lynette

 

1 pakkie spek                                               1 groenrissie, opgekap

1 ui, opgekap                                               1 pakkie sampioene, opgekap

Macaroni                                                      500 tot 750 ml melk

Maizena                                                        Gemengde speserye

Tamaties                                                      Gerasperde cheddarkaas

 

·         Maak macaroni op gewone manier gaar.  Braai uie in bietjie olie en voeg groenrissie en spek by.  Braai ook sampioene saam.

·         Gooi die melk by.  Sodra melk begin kook, voeg Maizena en gemengde speserye by.

·         Voeg die sous by macaroni en plaas in oondbak.  Sny tamaties in skywe en plaas bo-op die macaroni.

·         Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak in voorverhitte oond teen 180 ºC vir halfuur tot gaar.

 

<<<Terug na begin>>>

Macaroni Slaai met Biersous

Ingestuur deur Martie - Heerlik saam met gebraaide of koue vleis – lewer agt porsies)

 

2 liters water                                                10 ml sout (2 t)

5 ml kookolie (1 t)                                        1 pynappeltjie

300 g gewone of elmboogmacaroni (500 ml/2 koppies)

3-4 piesangs                                         1 blikkie groen ertjies, gedreineer (225g)

1 blik heel, ontpitte lietjies, gedreineer (565 g)

 

Biersous:
125 ml bier (½ kop)                                      125 ml mayonnaise (½ kop)

 

·         Laat water vinnig kook en voeg sout en olie by.  Voeg macaroni by en kook vir min of meer 12 minute (moenie pap kook nie).  Dreineer en laat afkoel.

·         Skil pynappel en sny in blokkies.  Skil piesangs en sny in skyfies (gooi bietjie suurlemoensap oor om te verhoed dat dit verkleur.

·         Plaas macaroni, pynappelstukkies, piesangskyfies, lietjies en ertjies in ‘n groot slaaibak.  Klop die bier en mayonnaise tot gemeng.

·         Goor oor slaai bestanddele en meng baie liggies met twee groot vurke.  Verkoel.

 

<<<Terug na begin>>>

Maklike Hoender Pastei

Lorette

 

Vulsel

1 groot ui, fyn gekap                                    1 knoffelhuisie, fyngedruk

Olie                                                              1 pakkie sampioene

1 heel hoender, saggekook en ontbeen        45 ml (3e) sampioenroomsoppoeier

125 ml (½ k) melk                                        15 ml (1e) suurlemoensap

sout en peper

 

Kors

250 ml (1 k) koekmeelblom                          10 ml (2 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout                                              1 eier geklits

125 ml (½ k) olie                                          125 (½ k) melk

 

·          Voorverhit die oond op 180ºC. Soteer die uie en knoffel in olie tot sag. Voeg die ontbeende hoendervleis by. Skep in 'n gesmeerde oondbak.

·          Meng die soppoeier met bietjie water en voeg die melk by. Bring tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Geur met suurlemoensap, sout en peper. Verhit tot die mengsel kook en verdik. Skep die hoendermengsel in voorbereide bak.

·          Meng olie, koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg die eier; olie en melk by en roer tot glad.

·          Giet oor die hoendermengsel en bak vir 25 minute of tot die kors gaar en goudbruin is.

 

<<<Terug na begin>>>

Malvapoeding

1 koppie koekmeel                                        1 koppie suiker

knippie sout                                                  1 teelepel soda

1 koppie melk                                               1 eier

1 teelepel asyn                                             1 eetlepel botter

1 eetlepel appelkooskonfyt

 

Sous:

1 koppie room                                               ¾ koppie water

1 teelepel vanilla                                          ¾ koppie suiker

2 eetlepels botter

 

·         Sif droë bestanddele saam.  Klits eier.  Voeg droë bestanddele en melk by.

·         Smelt botter, asyn en konfyt saam en voeg by mengsel.

·         Bak ±¾ uur teen 170ºC in bak met deksel.

·         Meng sous se bestanddele en maak warm.  Gooi sous oor warm poeding sodat dit kan intrek.  As die sous maklik intrek dan weet jy die poeding gaan reg wees.

 

<<<Terug na begin>>>

Marokkaanse Hoender

[Emily Kruger]

Bedien: 4-6     Bereidingstyd: 10 min           Baktyd: 45 min     Oond: 160°C

 

20 ml Marokkaanse Vryfmengsel (resep onder)

15 ml Knoffel Puree met Dhania & Gemmer (SPAR)

15 ml Olyfolie                                               1 blik gekapte geskilde tamaties

1 pak Hoender dye en boudjies (8 porsies)   250 ml matige blatjang

1 ui fyngekap                                               15 ml koekmeel

 

·           Meng die marokkanse vryfmengsel met die Knoffel en olyfolie in ‘n klein bakkie om ‘n pasta te vorm.  Vryf dit oor die hoenderstukke en pak die hoender in ‘n oondskottel

·           Meng die tamaties, blatjang, ui en meel in ‘n aparte bakkie en gooi dit oor die hoender.

·           Bak die gereg in die oond vir 45 minute (eeerste 30 min met deksel en dan laaste 15 min sonder ‘n deksel) – draai die hoenderporsies kort-kort om.

·           Bedien die hoender met koeskoes of basmati/bruin rys/pasta.

 

*Marokkaanse Speserye

15 ml Paprika                  5 ml fyn koljander

5 ml fyn komyn               5 ml rissiepoeier

5 ml fyn gemmer            2 ml kaneel

Meng tesame en bêre in spesery botteltjie.

 

<<<Terug na begin>>>

Marshmallow Slaai

300 g Malvalekkers                                      1 Blikkie fyn pynappel

175 ml Grenadella joghurt

 

·         Sny malvalekkers in kwarte.  Meng al die bestanddele saam.

·         Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.

 

<<<Terug na begin>>>

Mayonnaise

Hier is 'n resep om Mayonnaise 'n bietjie te rek en dit smaak nogal baie lekker. Veral die kinders is baie lief daarvoor, want dit het nie daardie byt in nie. Ek gebruik ook altyd die mayonnaise wat nie so ryk is nie.

 

1 bottel mayonnaise                                     1 blik kondensmelk

1 blik Ideal melk

 

·         Meng alles goed saam en gooi terug in bottel. Maak 2 bottels vol.

 

<<<Terug na begin>>>

Melktert I

Tant Helie (Sarie Kos) [1 melktert]

 

Verhit oond tot 260°C.  Maak kors en sit die pan in die yskas tot vulsel gereed is.  (Rol broskors/blaardeeg uit en voer pan daarmee uit)

 

Mengsel 1:

Meng goed saam:

42 g [75 ml] koekmeel                                 50 ml mielieblom

50 ml suiker                                                 1 ml sout

125 ml melk

 

Mengsel 2:

Meng goed saam:

2 eiergele                                                     25 ml suiker

2 druppels egg yellow                                   4 druppels amandel geursel

7 ml vanillageursel

 

Mengsel 3:

Hou eenkant tot laaste:

2 eierwitte                                                    ½ ml kremerart

25 ml suiker

 

Kook saam:

550 ml melk                                                 10 ml botter

2 stukke pypkaneel

 

·           Sodra melk amper kook, haal van stoof af en roer mengsel 1 goed by tot glad.

·           Verhit weer en en roer mengsel 2 goed by en laat net weer goed deur verhit.

·           Klits mengsel 3 tot net styf en vou by mengsel in.  Gooi in voorbereide tertpan in en strooi kaneel liggies oor.  Bak in voorverhitte oond vir 10 minute.  Verlaag hitte na 200°C en bak nog 10 minute. 

·           Indien dit te bruin word, plaas fielie bo-oor tert met blink kant bo.  Bedien louwarm.

 

<<<Terug na begin>>>

Melktert II

Van Liza

 

1 Liter melk                                                  1 Koppie suiker

1 Eetlepel margarien                                     20 ml vanielje-essens

1/2 Koppie Koekmeel                                    1/4 Koppie Maizena

3 Eiers

 

·         Gooi drie koppies melk, vanielje-essens, suiker en margarien in 'n pot.   Bring tot kookpunt.  Skei die eiers en klits eierwitte styf.

·         Plaas in 'n mengbak:

·         1 koppie melk, eiergele, koekmeel en maizena.  Meng to glad.

·         Meng warm melk met die meelmengsel en kook tot dik.  Roer aanhoudend.

·         As dit dik is, haal af van plaat en vou stywe eierwitte in.  Plaas mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies in die basis van 'n bak.

·         Gooi warm mengsel bo-oor, laat afkoel en strooi pypkaneel oor!

 

<<<Terug na begin>>>

Melktert Fantasties

(Kobie Nel)

 

Tennis beskuitjies (gepak in groot tertbak vir kors)

1 blik kondensmelk                    1 blik melk

2 blikke water                            12,5 ml (1E) Margarien

4 eiers geskei                            150 ml mielieblom (aangemaak met bietjie melk)

7ml vanilla                                           

 

·           Verhit die kondesmelk, melk, water en margarien in ongeveer 8 min op 100% krag

·           Meng die eier gele, aangemaakte mielieblom en vanilla saam en voeg by melkmengsel. Mikrogolf vir 4min by 100% krag, roer na elke minuut tot lekker dik. 

·           Klop eierwitte styf en vou in mengsel in.

·           Gooi in tertbak, strooi kaneel bo-oor en sit in die yskas tot afgekoel

 

<<<Terug na begin>>>

Melktert Fudge

Ingestuur deur Elzeth

 

800 g suiker                                                 250 g botter

250 ml melk                                                 250 ml kondensmelk

10 ml vanielje                                               10 ml fyn kaneel

 

·         Plaas al die bestanddele in 'n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met 'n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 - 30 minute.

·         Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

·         Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit.  Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met 'n skerp mes.

 

<<<Terug na begin>>>

Mieliepap (Boere Mieliepap) in die Mikrogolfoond

Wilna

 

·          7 eetlepels mieliemeel  (genoeg vir 3) met sout in glasbak (roer sout deur).

·          Dit sit jy in vir 3 minute Hoog/Volle krag (gaarmaakproses).

·          Haal uit en roer deur met 'n koppie lou water (net om te bind).

·          Daarna roer jy dit deur met 2 koppies kook water (kan meer maak vir 'n slapper pap).

·          Sit terug vir 6 minute Hoog/Volle krag, (laat deksel 2 mm oop, verhoed oorkook).

·          Meng daarna so 2 eetlepels margarien in pap, en weer 6 min Hoog/Volle krag.

·          Siedaar - jy het mieliepap.

 

<<<Terug na begin>>>

Mieliepap-muffins

(Saam met braaivleis!) Jy benodig (vir 6) 

 

2 koppies mieliemeel                                     4 koppies water

1 teelepel sout                                              3 eetlepels olyfolie of botter

2 eiers                                                          2 hande vol kaas, gerasper 

4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie

1 teelepel rooipeper                                      1 teelepel paprika

1 koppie heel mieliepitte                               6 sondroogtamaties, gekap

12 kersietamaties, gehalveer

 

Só maak jy

·         Voorverhit die oond tot 200 ºC.

·         Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel. 

·         Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.

·         Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.

·         Wenk: Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige resep dié. 

 

<<<Terug na begin>>>

Mikrogolf Eier-Suursous vir Geregte

1 eier                                                           50 ml suiker

1 ml sout                                                      2,5 ml maizena

25 ml asyn                                                   100 ml water

2,5 ml mosterdpoeier

 

·         Meng en klits goed saam. (sommer in Quickshake)

·         Kook vir 3 min in Migkrogolf op 'High".  Roer elke minuut.

·         Gooi oor - nie dood gekookte kool.  OF oor tong, vleis.

·         Gebruik as doopsous.

 

<<<Terug na begin>>>

Mikrogolf 'Popcorn' Karamelstroop

250 ml suiker (1 k)                                       62,5 ml water (1/4 k)

12.5 Stork margarien (1 E)                           2 ml kremetart (knippie)

5 ml karamelessens (1 t)                              2 ml sout (knippie)

2.5 ml asyn (1/2 t)

 

·         Kook vir 7 minute saam in mikrogolf op hoog, roer 'n paar keer. Gooi karamelessens in.  Roer springmielies by sous in

 

<<<Terug na begin>>>

Mikrogolf Poeding (Bruin Poeding)

1 (2) Kop Meel                                              1 (2) Teelepel Koeksoda

1 (2) Kop Suiker                                           2 (4) Eiers

2 (4) Eetl Appelkooskonfyt                           1 (2) Kop Melk

1 (2) Eetl Asyn                                             1 (2) Teelepel Sout

 

·          Meng eiers en melk. Voeg by droë bestanddele - Meng

·          Meng koeksoda en Asyn, voeg by res. Bak 15 - 18 min in Mikrogolf

 

Stroop

1 (2) Kop Suiker                                           1 (2) Kop Melk

1 (2) Kop Kookwater                                     3 (6) Eetl Botter

 

·          Kook saam en gooi oor warm poeding.

 

<<<Terug na begin>>>

Mostertvorm

4 eiers                                                          250 ml water

125 ml wit asyn                                            175 ml wit suiker

15 ml gelatine                                              15 ml mostertpoeier

2 ml borrie                                                    1 ml sout

250 ml room

 

·         Klits eiers in boonste deel van dubbelkoker. 

·         Klits water en asyn by eiers. 

·         Meng suiker, gelatine, mostertpoeier, borrie en sout saam en roer goed in by eiermengsel. 

·         Plaas oor kookwater en roer aanhoudend tot effens dik.  Laat afkoel - roer kort kort om 'n vel bo-op te voorkom.

·         Klits die room styf en roer by die afgekoelde mengsel in.

·         Giet in 'n ringvorm wat met Spray en Cook gespuit is. 

·         Laat stol in yskas.

 

<<<Terug na begin>>>

Mrs Ball's Blatjang

Charlene:  Maak 18 bottels (mild)

 

612 gram droëperskes                                  238 gram gedroogde appelkose

3 liter bruin druiwe-asyn                               2 1/2 kg wit suiker

500 gram uie                                                120 gram sout

5 gram cayenne peper

·          Om blatjang "hot" te maak, voeg 75 gram gemaalde brandrissie by.

·          Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 gram droëperskes.

·          Week vrugte oornag in die druiwe-asyn. Kook dan in asyn tot sag en dreineer. Maal in klein stukkies in 'n meul (of versnipper met 'n kombuismes)

·          Gooi die vrugte, suiker (opgelos in 'n bietjie van die asyn) en uie (gemaal) by en kook in 'n groot pot in die asyn. Die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel.

·          Voeg cayenne peper en/of brandrissie by en kook vir 2-21/2 uur. Roer nou en dan met 'n houtspaan sodat dit nie vasbrand nie.

 

<<<Terug na begin>>>

Murgpampoentjies

Hierdie resep is eenvoudig heerlik om voor te berei, veral by braaivleis as jy nie lus is vir sukkel nie.

 

2 pakkies murgpampoentjies (lang groenetjies) in lengte gehalveer

1 pakkie tamatieroomsop                              1 houer (250 ml) room

 

·         Pak gehalveerde murgpampoentjies in 'n glasbak, enkellaag.  Strooi droë tamatieroomsop bo-oor - dit kan maar lekker dik lê.  Gooi houertjie room bo-oor alles.  Bedek met deksel/foelie.

·         Bak in oond vir 90 minute teen 140°C.

·         Die pampoentjies moet sag wees as gaar en die room sal dik wees. Dit lyk vreeslik mooi met die groen, rooi en wit kombinasie op die bord.

 

<<<Terug na begin>>>

Oumatjie onder die Kombers

Ek stuur vir jou 'n resep wat my oumatjie baie vir ons gemaak het en ek gebruik dit by al wat 'n funksie is en dit is 'n wenner.  Nog lank voor enige van die ander geregte verslind is, is hierdie al klaar.  Ek noem dit ook sommer so.

 

Enige maalvleis kan gebruik word en geur dit volgens smaak.

Maak frikkadelletjies so groot soos verkies.  (Ek maak gewoonlik kleintjies)

Bak of braai tot mooi bruin.

 

Deeg:  

2 koppies meelblom                                      2 teelepels bakpoeier

Bietjie sout                                                   1 eier

 

·          Klits eier met 'n bietjie water en voeg by droë bestanddele.  Maak 'n  slapperige deeg aan.

·          Verhit olie tot goed warm soos vir vetkoek. Plaas frikkadelletjies in deegmengsel en rol met 'n lepel tot dit met deeg bedek is.

·          Skep in olie en braai tot ligbruin of goed gaar.  (Nogal vinnig gaar).  Verwyder en besprinkel met Aromat.

·          Dit kan warm of koud bedien word en selfs saam met enige doopsous.

·          Geniet dit!

 

<<<Terug na begin>>>

Pampoenkoekies

Twee koppies fyn pampoen                           Een eetlepel botter

Half teelepel sout                                          Kwart teelepel peper

Geel van een eier                                         Twee eetlepels meel

 

·         Bak, kook of stoom die pampoen tot gaar. Druk deur 'n sif. Gooi botter, sout, peper en geel van 'n eier by.

·         Vorm klein frikkadelletjies, steek in eier en broodkrummels en braai in vet.

 

<<<Terug na begin>>>

Pampoentert

Lhonette

 

3 koppies pampoenmoes (gaar)                    1 koppie meel

2 teelepels bakpoeier                                    100 ml suiker

1 teelepel sout                                              2 eiers

1 koppie room                                               driekwart koppie melk

30 ml gesmelte botter

 

·         Meng alles en bak by 180 grade Celsius vir 40 - 60 minute of tot gaar.

·         Kan opsioneel bietjie kaneelsuiker liggies oorstrooi as uit die oond gehaal word. Geniet dit!

 

<<<Terug na begin>>>

Pannekoek

3 Koppies Bruismeel                                      1 Teelepel Bakpoeier (nie nodig nie)

5 Koppies Melk                                             1 Koppie Water

3 Eiers                                                          1 Koppie Olie

1 Teelepel Sout                                             1 Teelepel Vanielje

 

·         Meng alles saam met klitser tot loperige vorm. 

·         Onthou om te bak voor jy bedien!

·         Bedien met roomys en heuning of stroop vir ekstra geur.

 

<<<Terug na begin>>>

Panskon

Bak 'n groot skon op die stoof. Dit is heerlik vir ontbyt, 'n ligte middagete of vir aandete.

 

160 g (325 ml) koekmeelblom                      1 ml sout 

10 ml bakpoeier                                            2 ml suiker

1 eier, geklits                                               125 ml melk

20 ml olie

 

·         Sif die droë bestanddele saam. Klits die res van die bestanddele en voeg by die droë bestanddele. Roer tot net gemeng.

·         Smeer ‘n 20 cm pan goed met margarien en verhit op die stoofplaat. Skep mengsel in wanneer warm. Bedek dadelik en bak tot bruin van onder (omtrent 8 minute). Draai om en bak weer tot bruin. (Dis makliker om die skon om te draai as dit in die helfte deurgesny word.)

·         Sny die skon in skywe en bedien met botter, konfyt, heuning of kaas.

 

<<<Terug na begin>>>

Patatrolle

Hou altyd ‘n voorraad van hierdie heerlike broodrolle in die vrieskas, want dan het jy altyd iets lekkers om voor te sit wanneer jy skielik ‘n ete moet saam flans.  Die patats in die deeg sorg dat die gaar rolle sag en klam is.  Vir afwisseling kan aartappels pleks van patats gebruik word.

 

1 kg witbroodmeelblom of koekmeel             1 koevert (10g) kits droë gis

70g (75ml) witsuiker                                    7ml sout

150g (160ml) botter/margarine                    2 eiers geklits

250g (250ml) gaar, fyngemaakte, louwarm patats

400ml sterk lou water

 

·           Sif die meel, gis, suiker en sout saam.  Frummel die smeer daarin.

·           Meng die eiers en patats.  Voeg dit saam met die water by die meelmengsel en roer tot taamlik goed gemeng.

·           Knie dit nou om ‘n sagte, gladde, elastiese deeg te vorm.

·           Plaas die deeg in ‘n groot houer wat mildelik met sonneblomolie gesmeer is.

·           Draai die deeg om sodat die gesmeerde onderkant bo is.  Bedek die houer.

·           Laat die deeg in ‘n warm plek rys tot dubbel die oorspronklike grootte.

·           Knie die deeg af, halveer dit en rol elke helfte op ‘n meelbestrooide deegplank uit in ‘n sirkel met ‘n deursnee van sowat 40cm.

·           Sny elke sirkel in 16 ewe groot wiggies.

·           Begin by die ronde rand en rol elke wiggie na die puntkant op.

·           Plaas die rolle met die puntkante onder ‘n entjie van mekaar af op gesmeerde bakplate.

·           Bedek dit liggies (of plaas die bakplate in groot plastieksakke) en laat die rolle by kamertemperatuur rys tot dubbel die oorspronklike grootte.

·           Voorverhit die oond tot 200C  (400F).

·           Verwyder die bedekking en bak die rolle sowat 20 minute tot mooi goudbruin.  Laat hulle op ‘n draadrak afkoel.  Sit hulle louwarm of koud voor.  Lewer 32 broodrolle.

 

<<<Terug na begin>>>

Pepperment Tert

1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies                     1 pak Orley Whip

1½ koppie melk                                            3 teelepels versiersuiker

1 pakkie kits Karamelpoeding                       Soet wyn of sjerrie

Peppermint Crisp

 

·         Klits versiersuiker en orley whip goed saam.  Klits die poeding en melk ook.

·         Voeg die twee mengsels bymekaar.  Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in bak.

·         Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper sjokolade oor.  Herhaal die lae.

·         Laat in yskas om goed styf te word.

 

<<<Terug na begin>>>

Piccalilli

Emily Kruger - [sowat 7 x 350 ml bottels]

 

Groente:

500g klein worteltjies [5mm skyfies gesny]  400g mini mielies [5mm skyfies gesny]

1 kg blomkool [klein blommetjies gesny]      3 uie [gekerf]

1 groot soetrissie [gekerf]                            1 eetl vars gekerfde knoffel

 

·           Skil en sny worteltjies en kook vir 10 min in mikro tot net sag.  Sny mielietjies en kook in mikro vir 10 min tot net sag.  Blomkool kan gevries wees maar indien vars, kook vir 5 min tot net sag maar alle groente moet nog effens bros wees.

·           Braai ui, soetrisse en knoffel in olyfolie tot net-net sag.

 

Sous:

250 ml water                                                9 eetl mielieblom

2 lt wit asyn                                                 1 koppie (250 ml) water

1 1/2 koppie suiker                                       200 ml appelkooskonfyt

20 ml mostertpoeier                                      15 ml kerriepoeier

10 ml borrie                                                  10 ml gemengde kruie

5 ml sout

 

·           Meng mielieblom met 250 ml water tot opgelos en sit eenkant.  Gooi al die ander sous-bestanddele in kastrol en verhit tot suiker opgelos is en mengsel begin prut.  Roer mielieblomwater by en kook vir 8 min tot mengsel verdik het.  Roer aanhoudend.

·           Gooi al die voorbereide groente by die sous in die pot en prut liggies vir ±10 min terwyl versigtig geroer word.  Die groente moet nie pap wees nie – net-net bros.

·           Gooi in skoon warm bottels en bêre vir minstens een week voor geëet word – hoe langer piccalilli staan, hoe beter die smaak.

 

<<<Terug na begin>>>

Piesang-Wortelbrood       

[Emily – ontvang van vriendin in Richardsbaai}

250 ml Witsuiker                                          250 ml Olie

3 ekstra groot eiers                                      375 ml Koekmeel

10 ml Kaneel                                                10 ml Bakpoeier

5 ml Koeksoda                                              Knippie sout

250 ml Gerasperde wortels                           250 ml Fyngedrukte piesangs

 

·           Verhit oond tot 180 °C en smeer 2 broodpannetjies goed met botter en voer uit met waspapier.  Klits eiers en suiker baie goed en voeg dan olie by – meng baie goed.

·           Sif droë bestanddele saam en vou in eiermengsel.

·           Voeg piesangs en wortels by en meng baie goed.

·           Gooi in voorbereide panne en bak vir 40 tot 55 min tot toetspen skoon uitkom.

 

<<<Terug na begin>>>

Prawns

125 ml botter – gesmelt                               1 suurlemoen in skyfies gesny

1 tot 2 eetlepels droë 'Italian seasoning'       2 teelepels knoffel (vars of gedroog)

 

·         Pak 'prawns in' oondpan.  Gooi botter oor.  Sit die suurlemoenskywe bo-op die botter en 'prawns' neer.  Sprinkel die 'Italian seasoning' en knoffel oor. 

·         Sit in voorverhitte oond vir 15 minute teen 350 grade F (175 grade C)

 

<<<Terug na begin>>>

Pynappel Hoender

(4 porsies)


1 ui, gehalveer en in skyfies gesny               25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie

1 kg hoenderporsies                                     50 ml (4e) blatjang

250 ml (1k) rou rys                                      750 ml (3 k) sterk tee

1 pakkie sampioensoppoeier                         1 x 440 g-blik pynappelstukke

1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny

 

·         Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur. Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender. Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.

·         Gooi pynappelstukke en soetrissie by. Laat prut vir 10 min. tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper. 'n Vullende maaltyd in een gereg.

 

<<<Terug na begin>>>

Pynappel/Suurlemoen Tert

1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies                     1 blik karamel kondensmelk

2 koevertjies Orley Whip                               1 Peppermint Crisp

1 pakkie pynappel/suurlemoen jellie opgelos in 1 koppie kookwater

 

·         Klits room styf. Voeg die kondensmelk en afgekoelde jellie by en klits.

·         Pak laag beskuitjies, laag vulsel en gerasperde "pepermint crisp".  Herhaal die lae.

·         Sit in yskas vir ten minste 2 dae voor gebruik.

 

<<<Terug na begin>>>

Pynappeltert

Lynette - ‘n Ou reseppie van my ma

 

1 groot blik fyngemaakte pynappel               ½ koppie suiker

1 pakkie pynappeljellie                                  1 blik Ideal melk (oornag in yskas)

Pakkie tennisbeskuitjies

 

·         Gooi pynappelsous in kastrol. Voeg jellie en suiker by die sap.  Kook en roer tot opgelos. Laat goed afkoel.

·         Klits Ideal melk tot styf en meng goed met jelliemengsel.

·         Voeg fyn pynappel by. Pak laag beskuitjies, gooi van die vulsel oor. 

·         Herhaal met beskuitjies en vulsel.

 

<<<Terug na begin>>>

Repelsteeltjies met Geroomde Heuning

250 g botter                                                 500 ml koekmeel

2,5 ml sout                                                   2,5 ml bakpoeier

600 ml cheddarkaas, fyn gerasper                Geroomde heuning

 

·          Verhit oond tot 180°C.

·          Verroom botter en voeg meel, sout en bakpoeier by.  Meng goed.

·          Gooi kaas by en meng tot deeg.  Rol deeg in bolletjies en pak op gesmeerde bakplate.  Druk met agterkant van houtlepel gaatjie in die middel van elke koekie.

·          Bak koekies 10-15 min tot mooi ligbruin.

·          Laat koekies afkoel en vul met heuning voor bediening.

 

<<<Terug na begin>>>

Risotto

Stap 1:    Maak aftreksel van ongeveer 3 ½ koppies en hou varm tot gebruik word.

Stap 2:    Braai 1 gekapte ui in ongeveer 15 ml olyfolie (knoffel kan bygevoeg word indien verkies)

Stap 3:    Voeg 250 ml (1 koppie) aboriorys by en roerbraai tot al die ryskorrels met botter bedek is.

Stap 4:    Voeg ½ koppie (125 ml) droë witwyn by en laat kook en roer tot al die wyn weggekook is. 

Stap 5:    Gooi net genoeg aftreksel by om die rys te bedek en roer deurentyd tot dit weggekook het – herhaal proses tot amper al die aftreksel weggekook is.

Stap 6:    Perfekte risottorys is romerig en sag aan die buitekant met ‘n effense al dente aan die binnekant.  Voeg nou ‘n klontjie botter en ‘n halwe koppie parmasaan- of cheddarkaas by om die risotto te verryk. Dit moet op die laaste oomblik bygevoeg word sonder om weer te verhit sodat die risotto nie olierig raak nie.

 

<<<Terug na begin>>>

Romerige Slakke op Vuur

Lois Sinclair – Ireland  -  Hier is een van my gunsteling resepte - en ek kry baie komplimente daarvoor.

 

1 blik (800 g) slakke, gedreineer                  500 ml dik room

55 ml brandewyn                                          35 ml biefekstrak

8 knoffelhuisies, geskil en gekneus              2 ml vars gemaalde swart peper

volkoringbrood om voor te sit

 

·          Verhit gietysterpan op vuur (kole)

·          Plaas alles behalwe brood in pan en kook tot sous ingedamp en dik is.

·          Sit slakke warm voor saam met volkoringbrood

 

<<<Terug na begin>>>

Rykste Sjokolade Koek

Hierdie koek is donker en klam heerlik!

 

250ml kakao                                                500ml kookwater

200ml kookolie                                             4 ekstra groot eiers, kamertemperatuur

500ml strooisuiker                                        750ml koekmeel

20ml bakpoeier


Versiering:
100g donker sjokolade in blokkies gebreek   125ml room

 

·           Klop kakao, kookolie en kookwater saam tot glad. Hou eenkant om effens af te koel.   Klop eiers en suiker goed tot lig en romerig. Sif meel en bakpoeier saam en roer saam met afgekoelde kakaomengsel by eiermengsel. Meng goed, maar liggies.  Skep beslag in gesmeerde koekpan. Bak sowat 40-45min by 18°C of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.

 

Versiering:

·           Smelt sjokolade en room by lae krag in die mikrogolfoond en roer tot sjokolade opgelos is. Laat effens afkoel om dikker te word.

·           Draai koek om sodat die onderkant bo is en smeer sjokolade oor koek. Laat sjokolade dik word en rond verder af volgens jou keuse met kersies of vars blommetjies.

·           Sit elke sny koek voor met ‘n skeppie geklopte room indien verkies.

 

<<<Terug na begin>>>

Rys in die Mikrogolfoond

Wilna

 

Sit in bak (glasbak of soos jy verkies), die rys toe met water (5 - 10 centimeter oor die bestaande droë rys), jy moet dan ook nou jou sout bygooi. Moenie deksel heeltemal opsit nie (los 2 mm oop), anders wanneer hy heeltemal toe is kook alles oor.

Dit sit jy nou in vir 15 minute Hoog/Volle krag. Na 15 minute, spoel die rys af.

Sit weer in mikrogolf sonder water, met die deksel mooi op sonder dat die deksel effens oop is. Dit doen jy vir 5 minute Hoog/Volle krag.  En siedaar, daar is jou rys gaar.

 

<<<Terug na begin>>>

Rysslaai

Alta

 

2 K Gaar rys                                                 1 Gekapte ui

1 Gekapte groenrissie                                   1 Blikkie perskes (gedreineer en gekap)

2 Eetlepel Mayonaise (Cross + Blackwell)      2 Eetlepel Chutney

1 Teelepel kerriepoeier                                  ½ Koppie suurlemoensap

1 Eetlepel Olie

 

·          Meng alle verwerkte produkte saam en plaas in yskas. (moet verkieslik nie dadelik opdien nie).

 

<<<Terug na begin>>>

Saadjies Koekies

250 g sagte botter (1/2 blok)                       60 ml gouestroop (4 eetl)

2 eiers                                                          10 ml koeksoda (2 tl)

60 ml warm melk (4 eetl)                              5 ml vanielje geursel (1 tl)

374 ml hawermout (1 ½ kop)                       750 ml koekmeel (3 kop)

500 ml strooisuiker (2 kop)                           100 ml sesamsaad (6 eetl)

100 ml papawersaad (6 eetl)                        150 ml sonneblomsaad (10 eetl)

knypie sout

 

·          Stel oond op 180 ° C.  Room botter en stroop tot liggeel.   Klits eier by.

·          Meng koeksoda en warm melk - dit sal bruis.  Voeg vanielje geursel by.  Roer koeksodamengsel by bottermengsel.  Meng hawermout, koekmeel, strooisuiker, sade en sout in groot mengbak. 

·          Meng meelmengsel goed by bottermengsel tot deeg vorm.  Rol deeg in balletjies en plaas op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.   Druk effens platter op bokant. 

·          Bak vir 15 tot 18 minute of tot net goudbruin bo op.  Laat effens op bakplaat afkoel en dan verder op afkoelrakkie tot heeltemal koud.

 

<<<Terug na begin>>>

Sago Appelkoospoeding

4 koppie melk                                               1 koppie sago

2 eetlepels botter                                          3/4 koppie suiker

4 Eiers                                                          1 teelepel vanielje

Appelkooskonfyt                                           Knippie sout

 

·         Kook melk, suiker en sago tot sago deurskyn. Laat afkoel en roer botter by.

·         Voeg effens geklitste eiergeel en geursel by. Skep in oondskottel en skep stukkies appelkooskonfyt bo-oor.

·         Klits eierwit styf met 6 eetlepels suiker.  Skep oor konfyt en bak tot ligbruin by 180ºC.

 

<<<Terug na begin>>>

Salsa

Nou kom die lekker deel ... Maak 'n salsa:

 

·           Die kuns van 'n salsa is dat jy alles waarvan jy hou, kan ingooi - solank daar darem tamatie en uie ook in is.

·           Ek gebruik rissies, knoffel, rooi soetrissies, tamaties en uie.

·           Braai eers die uie in 'n pan en gooi 'n bietjie worcestersous by. Gooi nou die res van die groente by en kook tot sag. Net voor jy die plaat afsit, gooi jy 'n sopie muskadel by.

·           Laat afkoel.  Wanneer jy dit voorsit, raak dinge eers lekker!

·           Druk 'n kort sosatie- of tandestokke in elke frikkadel. Nou pak jy so 4-5 frikkadelle op 'n kleinbordjie, met 'n skeppie salsa in 'n koppie, vir elke gas.

·           Jou gaste sal mal wees oor die manier waarop jy die happiegroot frikkadelletjies eers in die salsa doop voor hy kies toe gaan.

 

<<<Terug na begin>>>

Sampioen-Lasagne

Hennie

 

45 ml olie                                                     1 ui, fyn gekap 

2 knoffelhuisies, fyngedruk                          250 g Denny Bruin Sampioene, gesny

250 g Denny Portabellini Sampioene, gesny (By sommige Spar winkels)

sout en peper                                               60 ml suurroom 

45 ml botter                                                 45 ml koekmeelblom

1 ml neutmuskaat                                        625 ml melk

250 ml gerasperde cheddarkaas                   1 pak (200 g) lasagne-velle

 

·         Verhit die olie en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel en sampioene by, bedek en pankook tot gaar. Verwyder van die hitte en geur met sout en peper. Roer die suurroom by. (Die mengsel moet souserig wees).  Hou eenkant.

·         Smelt die botter en roer die meel en neutmuskaat by.  Laat opkook en voeg die melk bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geroer word.

·         Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik. Verwyder van die hitte en roer die kaas by.

·         Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer 'n 20 x 25 cm oondbak. Smeer 125 ml van die kaassous oor die bodem van die bak.

·         Pak 'n laag lasagnevelle daarop, skep van die sampioenmengsel oor, gevolg deur kaassous en 'n laag lasagnevelle. Herhaal die proses en eindig met 'n laag kaassous. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin bo-op.  Genoeg vir 8 -10 mense.

 

<<<Terug na begin>>>

Sardyne met geelrys

Soos vertel deur Peter

 

500 ml rou rys                                              10 ml borrie

Sout                                                             olie

1ui, in ringe gesny                                       5 ml fyngedrukte knoffel

10 ml fyngerasperde vars gemmer                1 groen soetrissie, in blokkies gesny

1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny          250 ml bevrore ertjies

1 groot aartappel, geskil en in blokkies gesny

425 g (1blik) sardyne in brandrissiesous

 

·         Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag.  Dreineer en hou eenkant warm.

·         Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by en prut tot die aartappel sag en gaar is. 

·         Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed warm.

·         Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie en 'n bietjie suurlemoensap.

 

<<<Terug na begin>>>

Sjokolade Broodpoeding I

Curla du Plessis

 

500ml melk                                                  6 snye witbrood in blokkies gesny

125ml suiker                                                85ml kakao

2 eiergele, liggies geklits                              30 ml sagte botter

5 ml vanielje                                                 2 eierwitte, geklitste styf

 

·         Verhit oond tot 180 grade en smeer 'n 20cm vierkantige bak

·         Plaas die melk in 'n kastrol en bring tot kookpunt, verwyder van hitte

·         Voeg die brood blokkies by en klits tot baie glad (Ek gebruik my handmenger)

·         Voeg suiker, kakao en eiergele by, meng goed.  Voeg botter en vanielje by.  Vou in die eierwitte.  Giet in die bak

·         Plaas jou bak binne in 'n groterbak met kookwater. Die water moet ongeveer halfpad kom tot by die kleiner bak.  Bak vir 30 minute of tot ferm

·         Sprinkel met versiersuiker, of gerasperde sjokolade.  Bedien met vla, room of roomys

 

<<<Terug na begin>>>

Sjokolade Broodpoeding II

[Lydia van Aswegen]

 

4  Groot eiers                                               400 ml room

400 ml volroommelk                                     120 ml strooisuiker

10 ml vanieljegeursel                                   100 g botter, in klein blokkies gesny

7 groot croissants (Pick & Pay goedkoopste)

200 g goeie sjokolade - in blokkies gekap

 

·         Verhit oond op 160°C

·         Plaas die eiers, room, melk, strooisuiker en vanieljegeursel in 'n mengbak en meng goed totdat die suiker opgelos is ('n vla mengsel word gevorm). 

·         Sny die croissants in skywe en rangskik dit in 'n 25 x 30 cm pan.  

·         Sprinkel die sjokolade en botter oor en probeer ook om die sjokoladeblokkies en botterblokkies onder die croissants in te kry.

·         Gooi die vla-mengsel oor en laat vir 10 min staan sodat die melk in die croissants kan intrek (druk die croissants elke nou en dan af in die vlamengsel.)

·         Bak vir 40-50 min in die oond, totdat die vla gestol het en die nagereg goudbruin is.

·         BedIen met room of roomys.  (Genoeg vir 10 persone)

 

<<<Terug na begin>>>

Sjokolade Karringmelk Koek

(Van Lynette - Hier is my resep.  Lekker bak en neem twee "Fat Catchers" daarmee saam)

 

2 koppies Meelblom                                      2 koppies Suiker

Sif bogenoemde saam in groot mengbak

 

Laat die volgende vinnig kook

125 g Margarien                                           1/2 koppie Olie

1/2 koppie Kakao                                          1 koppie Water

Gooi bogenoemde oor die meelmengsel

 

Voeg by:

3 effens geklitste eiers                                 1 teel Vanielje-essens

1 teel Koeksoda                                            1/2 koppie karringmelk

 

Meng goed.  Bak vir 45-60 min. in oond teen 180 grade.

 

Versiering

Laat kook

75 g Margarien                                             2 t. Kakao

2 en halwe t. Karringmelk                             250 g gesifte versiersuiker

1/4 teel vanielje-essens

 

·         Roer margarien, kakao en karringmelk in kastrol tot kook en voeg gesifte versiersuiker en 'n  kwart t vanielje-essens by.  Roer tot glad:  gooi oor koek.  Sny in blokkies.

·         Neute kan bygevoeg word.

 

<<<Terug na begin>>>

Sjokolade Mousse

Van Magdalena, Antwerpen.  Goeie more Theresia,  Hier kom hoe ek dit maak, hier in Vlaanderen, Antwerpen:

 

300 gr donker sjokolade                               2 eetl botter

3 ei, geskeide (wit weg van dooier)              4 eetlepel poeder suiker

1 teelepel vanille extrakt, moet niet              2 eetlepel brandewyn, moet niet

250 ml vers geklopt room

 

Maak so:

·         Sjokolade in stukies maak en "au bain marie" (in klein potjie in heet water) smelt, moet roer.

·         Stadig die botter byvoeg en altyd roer tot heeltemaal gesmolte is.  Haal van die vuur weg.

·         Klots die eigeel en die suiker tot liggeel en dik.  (Vanille en brandewyn toevoeg)

·         Maak eimengsel by die sjokolade en klots so 2 min tot goed gemengd.

·         Kluts die eiwit styf, voeg dan die room by ,  dan die sjokolade mengsel en maak alles in een kristal kom.  Set in die koelkast vir min. 8 uur.

·         Jy kan dan ook met sjokolade "vlokkies " besproei om te versier als jy wil.

·         Aantal is vir 6 mense.  10 min. werk

·         Hoop dit kan help, geniet dit en mooi bly

 

<<<Terug na begin>>>

Sjokolade Panna Cotta

[Emily] (8 porsies)

 

18 ml gelatien                                              200 ml suiker

5 ml vanilla                                                   100 g sjokolade

500 ml melk                                                 500 g Griekse jogurt

Aarbeie                                                         versiersuiker om oor te sif

Sjokolade-krulle

 

·           Plaas gelatien in klein bakkie en gooi klein bietjie koue water oor. Laat stol.  Gooi kookwater in nog ‘n klein bakkie en plaas eerste bakkie  bo-op kookwater.  Laat gelatien smelt.

·           Sit suiker, vanilla, sjokolade en melk in mikro-bak en laat by medium warm smelt. Roer kort-kort tot suiker en sjokolade heeltemal gesmelt is.

·           Haal van hitte af en voeg gelatien by.  Gooi jogurt by en meng baie goed.

·           Verdeel in bakkies en sit in die yskas om te stol (oornag).

·           Plaas aarbeie bo-op en sif versiersuiker oor.  Versier met sjokolade-krulle

 

<<<Terug na begin>>>

Sjokolade-Rumkoek

250 ml (1 koppie) koekmeel                         10 ml (2 teel) bakpoeier

125 ml (1/2 koppie) kakao                           250 ml (1 koppie) suiker

2 ml (1/4 teel) sout                                      125 ml (1/2 koppie) kookwater

125 ml (1/2 koppie) kookolie                        nog 10 ml (2 teel) bakpoeier

4 xtra-groot eiers, geskei

 

·          Sif meel, 10 ml bakpoeier, kakao, suiker en sout saam.

·          Meng kookwater en olie en voeg by droë bestanddele.  Meng goed.  Voeg eiergele by en klits goed.

·          Klits eierwitte styf met ander 10 ml bakpoeier en vou in mengsel in.

·          Skep in gesmeerde vierkantige pan en bak ± 35 min by 180°C tot gaar.

 

Stroop:

250 ml (1 koppie) kookwater                        250 ml (1 koppie) suiker

5 ml (1 teel) koffiepoeier                              5 ml (1 teel) rum-geursel

 

·          Verhit alles tesame en kook 5 min.  Gooi oor warm koek sodra dit uit die oond kom.  Laat afkoel.

 

Versiersel:

360 ml (1 blik) karamelkondensmelk            1 pakkie Orley Whip

Gerasperde sjokolade of Peppermint Crisp

 

·          Smeer kondensmelk op koek.

·          Bedek met styfgeklitste room en strooi sjokolade oor.

 

<<<Terug na begin>>>

Skorsie Pastei

Adele

 

4 - 5 skorsies, in soutwater gekook tot sag

½ - 1 koppie suiker (na smaak)                    125 g botter of margarien

3 eiers                                                          ½ koppie bruismeel

1 koppie melk

 

·          Krap skorsievleis uit dop en sit in sif sodat water kan afdrup.  Room botter en suiker.

·          Voeg eiers een vir een by en klits baie goed.  Sif meel en voeg dit om die beurt met die melk by die eiermengsel.  (dit is 'n slap deeg).  Voeg die skorsievleis by en meng.

·          Gooi in gesmeerde bak en strooi fyn kaneel oor (kaneel opsioneel).  Bak by 180 grade vir ongeveer 1 uur.

·          LW Skorsie kan met 1 ½ koppie gaar pampoen vervang word (vries uitstekend)

 

<<<Terug na begin>>>

Slakke-en-Room Gereg

2 blikkies slakke (in pekelwater) (by enige supermark te koop)

1 groot ui, gekerf                                         ½ houertjie Ultraroom (100 ml)

Klein bietjie sout                                           Aromat na smaak

1 pakkie vars sampioene                               Vars fyngekapte knoffel na smaak

1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene en knoffel geur) aangemaak met water soos op pakkie aangedui

 

·         Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter.

·         Spoel slakke BAIE GOED af in vars water.  Meng slakke met uie en sampioene in braaipan.  Gooi pakkie Pasta Sauce en room by,

·         Gooi aromat en sout na smaak by.  Braai alles saam vir ±15 minute.  Bedien saam met repies bruin brood  (Genoeg vir ±4 persone)

 

<<<Terug na begin>>>

Slow Cooker Skaapboud

Petro

 

4 Eetlepels "Mint Jelly"                                 1 Koppie Blatjang

4 Eetlepels Heuning                                      Olyfolie

Roosmaryn (Volgens smaak)                         Knoffel (Volgens smaak)

Halwe koppie "Lemon Twist" koeldrank (verkieslik "Lemon Twist") / Coke

 

·         Smeer boud met speserye. Meng bestanddele en gooi oor boud. Stel "Slow Cooker" op "Low" (8 ure lank kook).

·         Indien jy groente bysit, pak dit onder boud.

 

<<<Terug na begin>>>

Smeerkaas

Cordia se resep

 

Vir mense wat van smeerkaas hou maar nie so 'n duur potjie kan bekostig nie, kan dit regtig goedkoper self gemaak word. Hier is dit:

 

Aanmaak 1                                                   Aanmaak 2

400 gram proseskaas                                   300 gram proseskaas

200 gram botter                                           90 gram botter

1 koppie melk                                               ¾ koppie melk

 

·         Sny kaas in blokkies meng met botter.  Ontvries vir 20 minute in Microgolf.

·         Voeg melk by en klits goed deurmekaar.

·         Giet in skoon glaspot.

<<<Terug na begin>>>

Smulstafies

(12 stafies)

 

125 ml volkoringmeel                                   250 ml hawermout

1 ml koeksoda                                              125 ml klapper

125 ml bruin suiker                                      250 ml pitlose rosyne

150 g margarien, gesmelt                             15 ml heuning

 

·         Voorverhit oond tot 180oC. Smeer die bakplaat.

·         Meng die volkoringmeel, hawermout, koeksoda, klapper, bruin suiker en pitlose rosyne saam in 'n groot mengbak.

·         Meng die gesmelte margarien en heuning saam in 'n aparte bak. Roer goed.

·         Voeg margarien-heuningmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik met 'n houtlepel.

·         Druk die mengsel eweredig vas op die bakplaat. Bak 20 minute lank tot goudbruin.  Sny in stafies terwyl nog warm.  Laat heeltemal afkoel

 

<<<Terug na begin>>>

Soet Vulsel met Sjokoladesmeer en Okkerneute *

Deel die deeg van die basiese broodresep in twee gelyke dele nadat jy dit klaar geknie het. Rol die dele langwerpig uit (sowat 1 sentimeter dik) en pak die volgende daarop:

 

1 x 200 g-houer Nutella-sjokoladesmeer

2 koppies pekanneute, heel of gekap

2 piesangs, in skyfies gesny

 

·           Steek weg vir die kinders. Smeer die sjokoladesmeer oor die deeg en sprinkel die neute en piesangs eweredig daaroor. Vou die deeg oor die smeer sodat dit soos ’n lang buis lyk. Rol die deeg dan op soos ’n slak se dop. Druk die punte van die deeg toe om te keer dat die vulsel uitloop.

·           Bak die slak. Sit ’n paar gekapte of heel neute bo-op en druk effens vas. Sit die rol in ’n platboomysterpot wat baie goed met botter gesmeer is en plaas dit op louwarm kole. Sit warm kole op die deksel en bak vir ’n uur of tot gaar.

 

<<<Terug na begin>>>

Sout Vulsel met Ham, Cheddarkaas en Songedroogde Tamaties *

Deel die deeg van die basiese broodresep in twee gelyke dele nadat jy dit klaar geknie het. Rol die dele langwerpig uit (sowat 1 sentimeter dik) en pak die volgende vulsels daarop:

 

10 skyfies ham, in blokkies gesny

2 koppies gerasperde cheddarkaas

2 hande vol vars basiliekruid (of 2 teelepels droë basiliekruid)

2 koppies gesnyde, songedroogde tamaties (gedreineer as dit in olie ingelê is)

1 teelepel growwe sout, plus ’n klein bietjie ekstra om op die brood te strooi

varsgemaalde swartpeper

2 eetlepels olyfolie, plus ekstra om oor die brood te verf

1 teelepel droë of vars roosmaryn om oor die brood te sprinkel

 

·           Ringkop. Pak die bestanddele uit op die deeg en besprinkel dit met sout, peper en olyfolie. Trek die deeg oor die vulsel sodat dit soos ’n lang buis lyk. Bring een punt van die deeg oor na die ander punt en druk dit teen mekaar vas sodat jy ’n ring het.

·           Op heterige kole. Verf ’n bietjie olyfolie op die brood en sprinkel growwe sout en roosmaryn bo-oor. Sit die ring in ’n platboomysterpot wat goed met botter gesmeer is en plaas dit op louwarm kole. Sit warm kole op die deksel en bak vir ’n uur of tot gaar.

 

<<<Terug na begin>>>

Soetpatats

Lorna:

 

·          Sny en skil patats (omtrent genoeg vir 4 mense). Rangskik in oondbak.

·          Gooi gouestroop bo-oor - redelik mildelik.

·          Meng 1 bakkie room (250 ml) met 'n mespunt koeksoda en gooi dit laastens oor patats.

·          Bak die mengsel omtrent vir 1.5 uur - hoe langer dit bak (hoe meer karameliseer die room en stroop)

 

<<<Terug na begin>>>

Soet-Suur Hoender Lewertjies

12.5ml olie                                                   2 groot uie, in ringe gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny             1 rooi soetrissie, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, gekap                                  3x250g elk hoenderlewertjies, in

25ml asyn                                                    50ml blatjang

5ml worcestersous                                        Sout en peper

 

·           Verhit die olie in ‘n groterige pan en soteer die ui, groen en rooi soetrissies en knoffel daarin tot sag. Sny hoenderlewers in groterige blokkies.

·           Voeg die hoenderlewertjies by en braai tot bruin van buite, maar nog pienkerig van binne. 

·           Meng die asyn, blatjang en worcestersous en giet oor die hoenderlewertjies. Geur na smaak met sout en peper en verhit tot goed warm.

·           Dien op saam met pasta. Lewer 4-6 porsies.

 

<<<Terug na begin>>>

Somerpasta

Deur Annamarie

 

1/2 pak macaroni, gekook, gedreineer en hou eenkant

Dubbel pakket blomkool en broccoli, florette los gesny, gestoom en hou eenkant (nie te lank stoom nie dan raak dit te sag om te roer)

 

Sous

·         Braai een fyn gesnyde ui en halwe fyngesnyde rooi soetrissie/peper en vier snytjies gesnipperde ham

·         Maak witsous deur ‘n pakkie wituiesop en kannetjie (250 ml) vars room te meng en by te roer met ‘n koppie kaas en speserye na smaak (ek het rissie-/knoffelmengsel en Italiaanse kruie gebruik)

·         Meng dan die blomkool/broccoli mengsel by die sous en roer die sous by die pasta in.

·         As die mengsel te dik is roer net nog melk of water by. Dit is goed as dit loperig is, want die pasta absorbeer ook nog van die vloeistof.

·         Bedien in mooi glasbak en sprinkel fyngemaakte swart peperkorrels en ‘n klein bietjie paprika bo-oor.  (Vir 4)

·         Terloops, die roomsous wat ek hierbo gegee het werk baie lekker oor aartappels, gemengde groente of vis

 

<<<Terug na begin>>>

Sop

Hermien

 

Lekker groot sopbene (beesskenkels ) met vleis aan (1kg)

4 groot wortels                                             halwe pakkie sop ertjies (droë ertjies)

4 groot aartappels                                        2  groot uie

3 groot tamaties                                           1 pakkie knorr soppoeier enige soort

bietjie meel                                                   sout

 

·          Week ertjies oornag in water, kook volgende dag tot sag. Kook sopvleis tot sag.

·          Rasper groente of verpulp dit, gooi alles in vleismengsel saam met genoeg water.  Laat kook totdat die groente gaar is, en meng dan soppoeier en meel en sout saam en verdik die sop met die mengsel. Laat goed deurkook totdat dit verlangde dikte is.

·          Om dit nog lekkerder te maak, gooi bietjie spaghetti ook by.

·          Ek hou van my sop lekker dik, en die een is gewoonlik 'n treffer. Gewoonlik kook ek baie en vries dan in bakke die wat oorbly, vir die dae wanneer dit koud is, en tyd min.

 

<<<Terug na begin>>>

Sosatie-Hoender

[Emily Kruger]  Bedien 4 mense

 

6 ontvel-ontbeende hoenderborsies              2 uie grof gekerf

1 groot greenpepper gekerf                          4 aartappels in blokkies gesny

½ pakkie sampioene gekerf – opsioneel        2 koppies Stir-fry groente

2 eetlp sosatie-marinade                              ½ koppie Olyfolie

 

·           Spoel hoenderborsies af en sny elkeen in 3 stukke.

·           Braai uie, greenpepper en sampioene liggies in olyfolie tot deurskynend.  Voeg hoenderstukke by en sprinkel met 1 eetlp sosatie-marinade.

·           Laat prut tot hoender sag is.  Draai om en sprinkel met ander 1 eetlp sosatie-marinade. 

·           Voeg aartappelblokkies en stir-fry groente bo-op by.  Laat prut tot aartappel sag is.  Draai kort-kort om sonder om groente fyn te roer.

·           Bedien met pasta- of basmati rys en sweet chilli sauce.

 

<<<Terug na begin>>>

Souskluitjies I

2 Eiers (apart geklits)                                   2 eetlepels mielieblom

2 koppies melk                                             Vanielje

1 eetlepel suiker                                           fyn kaneel na smaak

knypie sout                                                  botter

 

·           Meng die mielieblom en sout met 'n bietjie melk en voeg die geklitste eiergele by. Kook die melk en suiker en voeg die mengsel daarby. Kook vir 'n paar minute.

·           Haal van stoof en vou die styfgeklopte witte en vanielje liggies in. Strooi kaneel suiker in vuurvaste bak. Skep lepelsvol van mengsel in die skottel.

·           Strooi suiker bo-oor en plaas stukkies botter bo-op. Bedien warm.

 

<<<Terug na begin>>>

Souttert van Derick

Engela

 

2 Koppies Melk                                             Halwe koppie Koekmeel

1 Koppie gerasperde Kaas                             5 ml Sout, Pietersielie, Mostertpoeier

2,5 ml Knoffelvlokkies                                  3 Geklitste eiers

1 Ui (Fyn gerasper of gesny)                        1 Blik 'Beef'

 

·          Meng alles saam en gooi in 'n gesmeerde pan. Bak vir ongeveer 30 minute in 'n voorverhitte oond teen 180 grade C.

 

<<<Terug na begin>>>

Spaanse Hoender

Van Deon uit Holland

 

1 groot hoender                                           2 e olie

250 g spek, in stukkies                                 3 uie, fyn

2 t borrie                                                      250 g knoffelpolonie, in stukkies

6 tamaties, in stukkies of 2 eetlepel tamatiesous

250 g gemengde groente                             1 pakkie sampioensop

1 kop hoenderaftreksel                                 1 kop gaar noedels

 

·         Kook hoender sag en sny in stukkies.

·         Braai spek en ui tot krokant en die uie sag.  Voeg die borrie, polonie en tamaties by en braai verder.

·         Meng sop met aftreksel.  Voeg hoender en sop daarby en laat stadig prut.

·         Voeg noedels by en maak lanksaam goed warm.  Lekker met 'n slaai daarby.

 

<<<Terug na begin>>>

Spaghetti Doodeet

Marié

 

1 pak Spek – gekap                                      2 Uie – blokkies gekap

2 Tamaties – blokkies gekap                         2 koppies Kaas – Gerasper

Pitmielies/Sweet Corn – opsioneel                 1 pak Spaghetti – gekook

 

·         Braai uie, tamaties, spek saam in botter/olie tot gaar, voeg mielies by, voeg spaghetti by, geur met sout, peper, aromat, roer laastens kaas by. Geniet!

·         Hierdie is so ‘n maklike en heerlike resep, jy kan selfs groenrissie of sampioene byvoeg

 

<<<Terug na begin>>>

Speserymengsel vir Hoender

Deur Lynette

 

Meng vooraf en hou in flessies. Dis maklik om hoenderstukke na willekeur met een van die volgende mengsels te geur:

 

Speserymengsel:
30 ml sout                                                    15 ml gemmer

30 ml bruinsuiker                                         2 t kerrie

3 t peper                                                      4 t tiemie

 

Kruiemengsel:
30 ml sout                                                    1 t roosmaryn

3 t peper                                                      1 t salie

1 t marjolein

 

Meng goed en hou in flessie.

 

<<<Terug na begin>>>

Spinasie Tert

[‘n Wenresep]

 

500gm spinasie (so 2 bossies)                      1 ui gekap 

So 5 na 7 sampioene grof gekap (opsioneel) 1 pakkie spek gekap

 

·           Kook of roerbraai spek, sampioene, spinasie en ui vir so 10/15 min - dreineer water af 

·           Meng 1 pakkie wit uiesop (droog) en 1 houertjie suurroom - Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word 

·           Meng 1 houer "smooth cottage cheese", 3 eiers, 1tl mosterd, sout en peper

·           Meng alles + 1 kop cheddar kaas

·           Vat nou pak skilferkorsdeeg en voer tertpan uit - gooi mengsel in en bak vir 30/40 min op 180 grade tot gaar en mooi bruin - As uit oond haal, gooi nog so 'n lekker klomp kaas bo-oor en bedien.

Wenk: Los die skilferkorsdeeg uit vir 'n braai bygereg. Gooi beslag net in 'n glasbak en bak soos bo.

 

<<<Terug na begin>>>

Spinasietertjies

1 pak bacon                                                  1 bossie spinasie

Kaas na smaak                                             1 uie

1 pakkie mushrooms                                     2 eiers

 

·         Kook spinasie gaar. Braai bacon, uie en mushrooms tot gaar. Meng alles asook kaas by gaar spinasie. Klits eiers voeg by en gooi in kolwyntjie pannetjies en bak tot gestol.

 

<<<Terug na begin>>>

Sultansgenot (Ook genoem Turkse Tert)

Edward:

 

500 ml melk                                                 200 g (250 ml) witsuiker

80 g ((250 ml) klapper                                 50 g (60 ml) botter/margarien

70 g (125 ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom

4 eiers                                                          5 ml vanieljegeursel

2 ml bakpoeier                                              knypie sout

 

·          Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer of bespuit 'n oondvaste tertbak van middelslag-grootte met kleefwerende kossproei.

·          Klits al die bestanddele saam tot gemeng. Gooi dit in die tertbak en bak dit vir ± 30 minute tot 1 uur totdat dit uitgepof en bo-op mooi goudbruin is. (Die grootte van die bak bepaal die baktyd.  In 'n ronde tertbak van 22 cm in deursnee en 5 cm diep is die baktyd ongeveer 35 minute.)

·          Lewer 'n middelslag tert.

 

<<<Terug na begin>>>

Suurdeeg-Vetkoek

250 g (445 ml) Witbroodmeel                       250 g (445 ml) koekmeel

10 ml sout                                                    1 x 10 g kitssuurdeeg

15 ml suiker                                                 315 ml warm water

± 600 ml sonneblomolie

 

·           Meng mele, sout en suurdeeg saam.  Meng warmwater en suiker saam en meng by meelmengsel.  Meng goed.

·           Knie deeg vir ± 10 min op meelbestrooide oppervlak tot elasties en glad.

·           Plaas deeg in bak met olie gesmeer.  Smeer olie oor deeg sodat dit nie uitdroog nie. Maak bak met kleefplastiek toe en laat rys tot dubbel die grootte.

 

<<<Terug na begin>>>

Swellendamkoek

Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.

 

Vulsel:

1 liter melk                                                   7 gelykvol eetlepels vlapoeier

knippie sout                                                  suiker na smaak.

 

·         Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor drie van die koue koeklae.

·         Klits 4 eiers tot skuim.  Voeg 2 koppies suiker geleidelik by en klits baie goed.

·         Smelt 125 g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt.

·         Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook 'n knippie sout en 2 teelepels vanielje.  Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengsel.  Gooi nou warm melkmengsel bo-oor.  Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig.

·         Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute.   Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.  Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:

 

Versiering

250 g sagte margarien                                 2 k versiersuiker

4 t vanieljegeursel

 

·         Klits bogenoemde goed saam tot romerig.

·         Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.

·         Eet die koek terwyl nog so louwarm.

 

<<<Terug na begin>>>

Tamatie Tert

[Emily Kruger]

 

1 Roll “Puff Pastry” (cheese and herbs of plain)

1 ring Feta kaas in blokkies gesny (eie hoeveelheid)

1 reep Cheddar kaas in blokkies gesny (eie hoeveelheid)

 

Druk in platterige tertbak op bodem en kante en prik met ‘n vurk.  Strooi die kaas-blokkies op die bodem en sit kors eenkant.  Maak vulsel.

 

Vulsel

2 gekerfde uie                                              1 gekerfde groot greenpepper

1/2 pakkie sampioene (gesnipper – opsioneel)

± 1kg klein baba-tamaties (gehalveer)         ½ pakkie gekerfde spek (opsioneel)

Italian Herbs / Rosemary & Olive / Parmesan & Feta

1 koppie gerasperde Cheddar Kaas

2 geklitste eiers                                            ) opsioneel

250 ml vars room of gewone jogurt               ) opsioneel

 

·           Braai spek tot gaar en skep uit.  Braai dan uie en greenpepper in spek-olie tot deurskynend. 

·           Voeg tamaties by en roerbraai tot tamaties net-net gaar is.  Strooi Italian Herbs en Rosemary and Olive/Parmesan & Feta speserye bo-oor en meng deur.  Haal van stoof af en laat koud word.

·           Skep koue tamatie-en-ui mengsel bo-op kaasblokkies.

·           Klits eiers en room tesame en gooi oor tamatiemengsel (opsioneel).

·           Strooi gerasperde kaas bo-oor.

·           Bak in oond by 180°C vir ongeveer 20-30 min of tot kaas goudbruin is.

 

<<<Terug na begin>>>

Tjops met Heuning en Blatjang

8 lamslendetjops, 20mm dik

 

Bedruipsous

80ml vrugteblatjang                                     45ml heuning

10ml vars gekapte pietersielie                       5ml vars gekapte/ 2ml droë roosmaryn
5ml mosterdpoeier                                        2ml kerriepoeier

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

·         Meng al die bestanddele vir die bedruipsous.

·         Braai tjops 15-20 minute oor matige kole tot gaar en goudbruin, keer teen die einde van die gaarmaaktyd dikwels om en bedruip met sous. Sit dadelik voor.

 

<<<Terug na begin>>>

Tunagereg met Ertjies

1 blik Tuna in water                                      1 blik sampioensop

1 groot pak Kaas-en-Uie skyfies (Chips)       1 gekapte ui

1 koppie ertjies                                             ± 1 koppie gerasperde kaas

 

·          Meng al die bestanddele behalwe die kaas goed.  Gooi in 'n gesmeerde bakskottel.  Strooi gerasperde kaas bo-oor.

·          Bak vir 45 min by 180°C tot gaar.  Bedien saam met rys en mengelslaai

 

<<<Terug na begin>>>

Tuna-Noedelslaai

Christo

 

500 g skroef- of skulpnoedels normaalweg gekook en gedreineer

2 medium uie, fyn gekap                              2 tamaties, gekap

1 seldery stingel, fyn gekap (opsioneel)        2 blikkies tuna, gedreineer (water/olie)

 

·          Meng al die bestanddele saam in 'n groot bak

 

Sous

ongeveer 300 ml mayonnaise                       50 ml blatjang

2,5 ml hoenderspeserye

2,5 ml fondor of aromat of 'n soortgelyke geurmiddel

 

·          Meng al die bestanddele saam en meng by die slaai in.  Plaas in yskas om lekker koud te word.

·          Hierdie is die basiese resep en van die volgende (of alles) kan bygevoeg word:

               gaar ertjies

               gaar pitmielies

               komkommer

               soetrissie (groen en/of rooi)

               selfs fyngekapte rooi worsies is baie lekker so saam met die tuna.

 

<<<Terug na begin>>>

Turkse Aartappel-en-Spinasie Rolletjies

200 gm spinasieblare (harde stingels verwyder)

4 mediumgroot geskilde aartappels               30g botter

2 geklitste eiers                                            300g gerasperde cheddarkaas

1 fyngekapte greenpepper                            Sout en varsgemaalde swartpeper

6 velle filodeeg (of puff pastry)                    60g gesmelte botter

Olyfolie om sirkels in te braai

 

·           Spoel spinasie goed af en plaas in groot bak en gooi kookwater oor.  Laat staan tot die blare verlep het.

·           Gooi in vergietes en laat goed dreineer en afkoel.  Druk oortollige water uit, kap fyn en laat eenkant staan.

·           Kook aartappels sag, dreineer en druk grof-fyn met ‘n vurk.  Plaas in mengbak en meng met 30g botter.  Voeg eiers, kaas, spinasie en greenpepper by en meng goed met vurk.  Geur na smaak.  Maak bak toe met kleefplastiek en laat in yskas afkoel vir 30 min.

·           Plaas een vel filodeeg op werkoppervlak en smeer met gesmelte botter.  Plaas nog ‘n vel filo op hierdie vel en smeer weer met botter en doen so met 3de vel filo.  Smeer helfte van die aartappelvulsel op die langkant van die filo sodat mens ‘n lang wors sal vorm.  Vou deeg oor die vulsel en rol in lang wors.  Maak nog ‘n wors (dus altesaam 2 worse) met ander 3 velle filodeeg.  Rol toe in kleefplastiek en plaas in yskas vir minstens 1 uur.  Sny worse in ongeveer 3cm sirkels

·           Verhit olie in ‘n pan oor medium hitte, plaas ‘n paar sirkels plat in die pan en bak tot goutbruin.  Draai om en bak ander kant van sirkel ook tot goudbruin (ongeveer 4 min aan elke kant).  Haal uit en dreineer op kombuispapier.  Hou eenkant warm terwyl res van sirkels gebraai word.

WENK:  In plaas van filodeeg, gebruik gekoopte blaardeeg wat ietwat dunner gerol is.  Skep aartapelvulsel op langkant en rol toe soos worsrol.  Sny in skywe en bak op bakpapier in oond van 180°C tot goudbruin.  Draai een keer om en bak verder.  Haal uit en bedien warm.

 

<<<Terug na begin>>>

Uie-Ringe

4 – 6 groterige uie                                        250 ml bruismeel

5 ml sout                                                      250 ml koue water

Koekmeelblom                                              kookolie vir diepbraai

Aromat

 

·           Sny die uie in skywe wat ongeveer 5 mm dik is.

·           Maak al die ringe los, bedek dit dan met yswater en plaas in die yskas vir sowat 2 uur lank.

·           Meng die bruismeel en sout.  Klits die koue water geleidelik by en klits tot ‘n gladde beslag. 

·           Dreineer uieringe en skud alle water af.  Gooi ‘n klompie koekmeelblom in ‘n plastieksak, plaas die nat uieringe daarin en skud goed totdat die uieringe heeltemal daarin bedek is.  Doop nou die ringe 1-vir-1 in die beslag, haal hulle met ‘n skerp voorwerp of toetspen uit en plaas hulle in warm diep kookolie. Bak die ringe tot goudkleurig.  Plaas die gaar ringe op kombuispapier om die olie te dreineer.  Geur liggies met Aromat en sit dit dadelik voor.

 

<<<Terug na begin>>>

Uieringe in Bierkors

G’n fliek-ete is volledig sonder uieringe nie. Jy kan selfs rooi-uie gebruik vir afwisseling. Of doop stukkies vis of calamari in die beslag en braai dit dan bros.
6 porsies

 

140 g (250 ml) mielieblom                            140 g (250 ml) koekmeel

20 ml bakpoeier                                            2 eierwitte

1 x 375 ml-bottelbier                                    sonneblomolie vir diepbraai

2 uie, in ringe gesny en binneringe losgemaak van mekaar

sout en varsgemaalde swartpeper

 

·           Sif mielieblom, koekmeel en bakpoeier saam. Voeg eierwitte by en meng liggies met ’n draadklitser. Voeg genoeg bier by om ’n dikkerige beslag te maak – die res kan jy maar drink! Verhit sonneblomolie in groot kastrol tot warm.

·           Doop ’n paar uieringe op ’n slag in die deeg en diepbraai tot goudbruin en bros. Herhaal tot al die uie op is. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor saam met worsbroodjies.

 

<<<Terug na begin>>>

Vetkoekies

375 ml ongesif afgemeet koekmeelblom       15 ml bakpoeier

10 ml suiker                                                 5 ml sout

500 ml gaar koue rys                                    410 g (1 blik) geroomde suikermielies

125 ml melk                                                 1 eier

kookolie vir vlak braai

 

·          Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in. Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot 'n sagte deeg.

·          Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie. Braai dan aan die ander kant goudbruin. 

·          Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning.

 

<<<Terug na begin>>>

Viëtnamese Hoendersop met Noedels

750 ml hoenderaftreksel                               4 knoffelhuisies, fyngekap

7 cm gemmer, in fyn repies gesny                2 rissies, ontpit en fyngekap

2 skoongemaakte hoenderborsies                 7,5 ml olie

sout en varsgemaalde swartpeper                 100 g eiernoedels

1 pak choi, fyngekap                                    15 ml sojasous

die sap van 'n ½ lemmetjie                           2 stingeluie, in stukkies gesny

'n hand vol vars koljander

 

·         Verhit die hoenderaftreksel en gooi dan twee knoffelhuisies, gemmer en rissies by.   Plaas die deksel op en laat dit eenkant staan, terwyl jy die hoender voorberei.

·         Maak fyn snytjies in die hoenderborsies, smeer met die olie en daarna 1 knoffelhuisie, en braai dit dan bruin.   Gooi ekstra olie in die pan indien nodig.  Die hoenderborsies moet nie gaar wees nie.  Sny dit dan in repe.

·         Voeg die hoender saam met die noedels en pak choi by die hoendersop. Prut dit tot die hoender gaar is.  Gooi die sojasous en lemmetjiesap by.

·         Wanneer jy dit bedien strooi jy stingeluie en koljander oor elke bakkie. Jy eet eers die noedels uit die sop voor jy die sop eet.  Die resep is genoeg vir 4 persone.

 

<<<Terug na begin>>>

Vinnige Appeltert

(Stefanie Le Hanie)

 

1 koppie meel                                               1 koppie suiker

3 eetl botter                                                 1 teel vanilla

Knippie sout                                                 3 eiers

¼ kkoppie melk                                            1 teel bakpoeier

1 blik tertappels (onversoet)

 

·         Smelt botter en voeg suiker by.  Sif droë bestanddele saam.  Klits eiers, voeg melk en geursel by.  Meng alles saam.  Bak 30 minute in matige oond teen 180ºC.

 

Stroop:

1 koppie suiker                                             1 koppie vars room of Ideal melk

 

·         Kook alles saam vir omtrent 15 minute.  Gooi kokend oor tert sodra dit uit die oond kom.

 

<<<Terug na begin>>>

Vinnige Suurlemoen Tert

1 blik kondensmelk                                       500 ml ultramel room

3/4 koppie suurlemoensap (of minder na smaak)

1 pak tennisbeskuitjies

 

·         Klits room en kondensmelk saam. Voeg suurlemoensap by en klop tot styf.

·         Voer bak uit met beskuitjies en gooi mengsel in. Sit in yskas en laat styf word en sprinkel dan 100/1000's oor of krummel 'n beskuitjie bo-oor net voor opdien.

 

<<<Terug na begin>>>

Viskoekies

2 blikkies tuna (gedreineer en fyngedruk)

1 gerasperde ui                                            2 geklitste eiers

3 gaar aartappels (fyngedruk met 'n groot vurk)

½ koppie Bruismeel (indien koekie te slap)

½ teel sout                                                   Swart peper na smaak

(Kan kruie na smaak byvoeg - pietersielie, Italian Herbs, ens.)

 

·         Meng alles liggies tesame.  Braai lepelsvol in vlak olie tot gaar.

·         Dreineer op handoekpapier.

 

<<<Terug na begin>>>

Vriendskapskoek

Bestanddele vir Plantjie

125 ml Koekmeelblom                                   2 ml Suiker

125 ml Lou melk of water (of mengsel van die twee)

2 ml Aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie saamgeperste suurdeeg

 

Metode – Plantjie

·         Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure staan op 'n warm plek tot skuimerig.
Roer dit af en gooi dit in 'n glasbottel met 'n skroefdeksel.

·         Dit kan ook in 'n mengbak gesit word wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.

 

Dag 1

Voeg by die plantjie die volgende:

250 ml Melk                                                 250 ml Koekmeelblom

125 ml Suiker

Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.

 

Dag 2 tot 4

Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in die koelkas.

 

Dag 5

Voeg die volgende by:

250 ml melk                                                 250 ml Koekmeelblom

125 ml Suiker

Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.

 

Dag 6 tot 9

Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in die koelkas.

 

Dag 10

·         Gee 250 ml van die mengsel aan 'n vriendin.

·         Bêre 250 ml van die mengsel vir jouself.

·         Wanneer jy die volgende mengsel aanmaak begin dan by dag 1.

·         Gebruik die oorblywende mengsel om jou vriendskapskoek mee te bak.

·         Bak teen 180°C vir 30 minute.

·         Toets en indien nodig bak verder tot gaar

 

<<<Terug na begin>>>

Wafels

Van Lize het ek hierdie wafelresep ontvang:

 

2 eiers (geskei)                                            1/2 teelepel sout

1 + 3/4 koppies melk                                    4 eetlepels gesmelte botter

2 eetlepels suiker                                         2 koppies meel

2 teelepels bakpoeier

 

·         Sif die droë bestanddele. Klits eiergele en voeg by melk en meng, voeg die melkmengsel by droe bestanddele en meng goed. Voeg gesmelte botter by en meng goed.

·         Klits eierwitte styf en vou liggies by die mengsel in. Nou kan jy begin bak!

·         Jy kan die wafelresep dubbel maak of selfs drie keer aanmaak. Ek kan nie vir jou sê hoeveel wafels jy gaan bak nie, want ons het nog 'n ou wafelpan en ons maak 7 tot 8 baie groot wafels.

·         Jammer ek het vergeet van die eiergele en melk wat mens sommer in 'n maatbeker kan meng. Die een bak is vir die eierwitte en die ander een dan vir die hele beslag.

 

<<<Terug na begin>>>

Warm Aartappel Baksel

Elize het dit ingestuur:

 

6 groot aartappels                                        2 middelslag uie

1 groot blik gekapte sampioene                    1 pak spek (gesnipper)

250 ml vars room                                         250 ml vars melk

1 koppie gerasperde kaas (gouda of cheddar)

1 pakkie wit uiesop                                       vars swart peperkorrels

aromat of sout na smaak

 

·          Kook die aartappels tot gaar (net nie oorgaar).

·          Braai uie, sampioene en spek saam tot gaar.

·          Sny aartappels (met skil) in skywe.

·          Pak 'n laag skywe in 'n platboom oondbak; strooi 'n laag sampioenmengsel bo-oor die aartappels.  Gooi speserye oor (vars swartpeper/aromat) en strooi gerasperde kaas bo-oor.  Herhaal laag aartappels ens. totdat jy 3 lae het.

·          Gooi die laaste laag sampioenmengsel oor en laaste laag gerasperde kaas (sommer baie).

·          Meng die room, melk en wit uiesop saam en gooi bo-oor laag aartappels.  Bak by 180º C vir 'n volle uur en bedien warm.  Geniet dit - dis smullekker.

 

<<<Terug na begin>>>

Warm Aartappelslaai

1kg (6 groot) aartappels                               1 pakkie gekapte spek

125ml kookolie                                             2 uie in blokkies gesny

125ml blatjang                                             125ml asyn

250ml melk                                                  15ml mielieblom

 

·         Kook aartappels in skil, in soutwater tot gaar.  Trek skille af, sny in blokkies en hou warm.

·         Braai spek in 25ml olie tot gaar, skep uit en hou warm saam met aartappels.  Braai uie in dieselfde pan tot gaar.

·         Voeg res van olie, blatjang en asyn by, en kook ongeveer 2 min. sonder deksel.

·         Meng mielieblom en melk, gooi stadig by uiemengsel terwyl jy dit vinnig inroer, roerkook vir verdere 2 min.

·         Meng aartappels en spek, gooi uiesous oor en meng liggies.  Hou in lou-oond tot benodig. Lewer 6 porsies

 

<<<Terug na begin>>>

Warm Knoffelsop

4-6 knoffelhuisies, gekap                             2 preie [kap die wit gedeeltes]

30 ml olyfolie                                                1 liter groente aftreksel

4 aartappels in blokkies gekap                      150 ml room

Grasuie                                                        100 ml wit wyn

sout en peper

 

·         Roerbraai knoffel en uie in olie en voeg dan die aftreksel en aartappels by. Kook tot sag. 'n Lourierblaar kan daarby ingegooi word en verwyder word na die kookproses.

·         Versap die sop, geur en voeg die room by. Herverhit die sop, maar moet dit nie laat kook nie.

·         Strooi gekapte sprietuie oor en bedien met 'croutons'.

 

<<<Terug na begin>>>

Worcestershire Sous

Jackie

1-1/2 teelepels olyfolie                                 1 medium ui, fyn gekap

1 jalapeno rissie, gekap                                2 koppies gedistileerde wit asyn

1-1/2 koppies glukosestroop                         1 koppie water

½ suurlemoen, skil en wit deel verwyder, grof gekap

2 eetlepels wit bereide peperwortel ('horseradish')

1-1/2 eetlepels gekapte en gedreineerde ansjovisfilette

3 groot knoffelhuisies, fyn gekap                  1 teelepel sout

¾ teelepel vars gemaalde swart peper          Groot knippie gemaalde naeltjies

 

·         Verhit die olie in 'n groot swaarboom pot en braai die uie en rissies tot dit sag is, omtrent drie minute.   Voeg die res van die bestanddele by en prut stadig  tot dit verminder het to so drie koppies.

·         Druk deur 'n sif en sit in 'n nie-aluminium houer in die yskas.

·         Dit is lekkerder hoe langer dit staan.

 

<<<Terug na begin>>>

Worsresep

Jurie het die volgende worsresep in my e-posbus gegooi:

 

2.7kg beesvleis van goeie gehalte gemaal. [Ons het grof gemaal met meul met groterige sifgaatjies]

1.4kg gemaalde vet vark vir braaiwors. [Fyner siffie in meul] As jy droë wors wil maal gebruik vet skaapvleis.

150 tot 200 ml bruin asyn

1 teelepel peper [Na smaak kan jy wit-, swart- of rooipeper gebruik]

2 tot 4 eetlepels sout [Ons gebruik 4 want ons hou van sout!]

Koljander - vanaf 3 teelepels tot 3 eetlepels fyn [As jy wil kan die heel koljander effe gebraai en dan gemaal word of met vysel fyngemaak word].  Ons het net 3 teelepels fyn koljander gebruik want ons hou niks van die doppies in wors of biltong nie!

1 teelepel fyn naeltjies

1 teelepel fyn neut

 

Meng deeglik en stop die derms.

 

<<<Terug na begin>>>

Wortel Gereg

3 koppies fyn gerasperde wortels (rou)         1 koppie suiker

2 eiers                                                          1.5 koppies meel

2 teelepels bakpoeier                                    0.5 teelepel sout

Melk                                                             3 eetlepels botter

 

·         Voorverhit oond tot 180 grade Celsius.  Klits eiers en suiker tot room.

·         Voeg meel, bakpoeier en sout by en meng goed.  Voeg die wortels by en meng goed.

·         As deeg te styf is, voeg melk by tot 'n slap deeg.  Skep in gesmeerde bak.  Stip met 3 eetlepels botter.

·         Bak tot mooi bruin (ongeveer 'n halfuur).  Toets met 'n mes of dit droog is in die middel.

 

<<<Terug na begin>>>

 

 

 

free hit counters